Verassings wéér op ys

Pasaangeër laat oond 'ontplof'

10 September 2020 | Regering
Denver Kisting



Geen verassings is tans in Namibië moontlik nie.

Dít kom nadat die enigste werkende verbrandingsoond by die Gammams-begraafplaas in die hoofstad Vrydag “ontplof” het.

Só sê mnr. Harold Akwenye, die woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit (CoW), by navraag.

Volgens hom vermoed hulle 'n oorledene se pasaangeër het tot dié ontploffing gelei.

Akwenye sê dit sal na verwagting ongeveer 'n week duur voor die oond herstel is.

Hy kon nie sê hoeveel dit sal kos om die skade te herstel nie.

“Ons wag op kosteramings van geloofwaardige kontrakteurs deur middel van ons verkrygingsafdeling.”

Akwenye het bevestig die enigste alternatief is tans 'n begrafnis.



'Nie noodsaaklik'

Dr. Kalumbi Shangula, die ­minister van gesondheid en ­maatskaplike dienste, het gistermiddag gesê 'n verassing word nie as 'n noodsaaklike diens geag nie. Boonop, sê hy, mag die oorskot van iemand wat weens Covid-19-verwante oorsake sterf, nie uit die plek van die heengaan geneem word nie.

Shangula het verlede maand aangekondig die liggame van mense wat weens Covid-19 sterf, mag veras word.

Maar, het hy toe gesê, dit is die keuse en verantwoordelik­heid van die familie van die ­oorledene.



Nuwe oond steeds

in sak en as

Akwenye het gister voorts gesê dit is die ou verbrandingsoond wat in dié ronde in die slag gebly het.

'n Nuwe oond, wat ten duurste in Maart 2018 in gebruik geneem is, werk steeds nie omdat die ­onderdele nog nie uit Duitsland aangekom het nie, sê Akwenye.

Republikein het in Desember 2019 berig volgens CoW se ­skakelafdeling is ­“tegniese uit­dagings” ondervind, wat sy interne en eksterne tegniese spanne se aandag geniet.

Indien alles volgens plan sou verloop, sou werksaamhede by die ­krematorium, wat in 2018 op 10 Maart in gebruik geneem is, vanjaar hervat het.

Die oponthoud word glo veroorsaak deur die feit dat die meeste van die onderdele noodsaaklik vir die herstel daarvan uit die buiteland verkry moet word.

CoW sê hy bly verbind tot die “belangrike, dog duur diens”.

Windhoekers is toe aangemoedig om intussen “goedgunstiglik” te reël vir verassings in Suid-Afrika – op eie onkoste.

Vanweë die geslote grense en omdat verassings nie beskou word as 'n noodsaaklike diens nie, is daardie moontlikheid tans van die baan.

Die munisipaliteit moes verlede jaar die ou krematorium, wat Vrydag gekalf het, opnuut vir plaas­like verassings gereed kry.

Die ou krematorium is in 1975 in gebruik geneem.

Die nuwe krematorium het 437 ­verassings tot Desember 2018 gedoen voordat tegniese ­probleme opgeduik het.

Akwenye het gister gesê alle ­begrafnisondernemers is oor die jongste voorval ingelig.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

13 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

13 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

13 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

13 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

13 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

13 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...