Vele vrae oor vallende vuurbal
Vele vrae oor vallende vuurbal

Vele vrae oor vallende vuurbal

Het daar nóg 'n ­meteoriet naby die wêreld se grootste een – die Hoba – ­neergestort?
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Geen amptelike bevestiging dat 'n meteoriet verlede Maandag naby Halali in die Etosha Nasionale Park neer­gestort het, kon tot dusver gekry word nie.

Intussen het talle ooggetuies van onder meer Tsumeb, Otavi en selfs Okahandja Maandag­oggend omstreeks negeuur glo 'n '­vallende vuurbal' gesien wat skynbaar 'n harde knal gemaak het voordat dit neergestort het en groot stofwolke en ligte aardtrillings in die nasionale park veroorsaak het.

Terselfdertyd berig Sky News dat soortgelyke meteore oor min of meer dieselfde tydperk oor suide­like Engeland en die noorde van Frankryk waargeneem is. In die geval is dit as bolide geïdentifiseer – 'n meteoor wat 'n baie helder lig veroorsaak wanneer dit in die aarde se atmosfeer ontplof.

Indien dit 'n dowwer lig uitstraal wanneer dit val, word daarna amptelik as 'n 'vuurbal' verwys.

SOSIALE MEDIA GONS

Op plaaslike sosiale media het dit gegons: Op die Reën in Namibië Facebookblad het Ferdie van Rooyen gesê hy het Maandag­oggend net buite Windhoek op pad na Brakwater iets met 'n spoed na die grond sien val. Hy sê hy het 'n lang rooi vlam gesien en gedink dit moet 'n meteoriet wees omdat die voorste gedeelte rond en swart was.

“Dit was omtrent vir twee tot drie sekondes lank sigbaar en toe weg. Dit was tussen halfnege en negeuur die oggend,” het hy gesê.

Nog mense sê hulle het 'n harde slag gehoor en meen dat dit iewers naby Etosha moes geval het.

Sonja Linde sê hul plaaswerkers het net ná nege die oggend kom vertel hulle het 'n ding gesien val wat amper soos 'vuurwerke' lyk en wat vlamme gehad het en gerook het. Hulle was oortuig dat dit op die Lindes se plaas neergestort het.

Verskeie ander ooggetuies sê hulle het ook die vallende vuurbal gesien en beskryf dit min of meer op dieselfde manier.

Sosialemediagebruikers sê boere meen die voorwerp het tussen Renex en Halali neergestort en dat daar boonop in daardie omgewing 'n digte stofwolk gesien is.

Nog mense wat op nasionale paaie in sentraal-Namibië gery het, sê hulle het dit ook gesien. Coenie Potgieter vertel hy en 'n kollega was Maandagoggend net voor nege noord van Okahandja. Hulle het in 'n noordelike rigting gery toe hulle 'n 'vuurbal' sien val.

“Dit het vinnig geval, teen 'n effense hoek van die ooste af en toe heel uitgebrand voor dit op die grond geland het.”

Remona van Litzenborgh sê ná die val van die vuurbal is 'n aardbewing gevoel en was daar baie stof naby Halali.

Dr. Rian Steenkamp van die Universiteit van Namibië se fisika-afdeling het gesê hulle is nie bewus van die geval nie, maar hy was nietemin baie geïnteresseerd in die voorval. Hy het gesê tot dusver bestaan daar nie 'n monitorstelsel in Namibië wat vir vallende meteoriete uitkyk nie.

Die ministerie van myne en energie se geologiese opname het nog nie op navrae gereageer nie. Hul seismograwe, wat aardbewings waarneem, sal moontlik kan aandui of enige trillings naby Etosha se Halali voorgekom het.

DIE WETENSKAP

Namibië spog met die rekord vir die grootste meteoriet wat ooit deur mense gevind is – die Hoba-­meteoriet naby Grootfontein – bykans dieselfde gebied waar die huidige bolide na bewering waargeneem is. Kenners meen Hoba het die aarde 30 000 jaar gelede getref.

Die Amerikaanse Meteor­vereniging, wat meteore wêreldwyd monitor, sê daagliks val tussen 10 en 50 meteoriete op die aarde. Sodra 'n meteoor op die grond val, word dit 'n meteoriet genoem en kan dit van enige grootte wees. Meestal lyk dit soos 'n swaar, swart klip.

Duisende meteore wat as 'vuurballe' geklassifiseer kan word, kom daagliks die aarde se atmosfeer binne. Tot twee-­derdes daarvan dring die atmosfeer bo-oor die see of afgeleë gebiede binne en word nie gesien nie, terwyl dit ook moeilik is om die voorwerpe in daglig te sien.

Dis meer seldsaam dat 'n meteoor 'n besonderse helder lig veroorsaak. Om 'n meteoor in die dag raak te sien, moet dit 'n helderheidsomvang van -6 hê, of selfs helderder as dit naby die son verskyn.

Dit is ook seldsaam dat meteore 'n knal veroorsaak. Dit gebeur meestal wanneer 'n meteoor besonders helder is (-8), die stratos­feer teen 'n hoogte bo seevlak van sowat 50 km binnedring en as 'n bolide ontplof.

Volgens die vereniging moet 'n bolide 'n helderheidsgraad van tussen -8 en -10 hê voor dit die aarde as 'n meteoriet kan tref.

Boonop moet dit ook uit die regte materiaal bestaan en moet dit relatief stadig na die aarde val – andersins sal dit uitbrand. Die kanse dat 'n meteoor as 'n meteo­riet op die grond kan val, is die beste in gevalle waar 'n vuurbal nog 'n skerp lig op 'n hoogte van 20 km bo seespieël uitstraal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022