Vele vrae nu00e1 NFA die NPL uitsmyt
Vele vrae nu00e1 NFA die NPL uitsmyt

Vele vrae ná NFA die NPL uitsmyt

Administrateurs kon nie die donker wolk van verdeeldheid en onsekerheid oor die nasionale sokkerligas laat wyk nie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het Saterdag by sy spesiale kongres in die hoofstad waarskynlik sy mees aansienryke lid, die Namibiese Premierliga (NPL), se NFA-lidmaat sonder omhaal met 19 stemme teen twee opgehef.

Die sport se nasionale beheerliggaam het agterna aangedui dat hy “’n nuwe proses sal aanpak om ’n nuwe topvlak liga op die been te bring, met ’n amptelike aankondiging sodra ons gereed is”. Hierdie boodskap sal min vertroue inboesem by sokkerspelers en -toeskouers wat reeds sedert 9 Maart 2019 geen kompeterende aksie beleef het nie en bloot die stories van struweling in die raadsale moes aanhoor.

Die NFA-besluit is glo omrede die NPL hom in oneer gebring het deur sy magte te ondermyn. Die NPL het op sy beurt 16 lede (sokkerklubs) wat in die verlede aan die premierliga deelgeneem het.

Die voortslepende geskil tussen die NFA en NPL woed sedert laasjaar September nadat die Sokkervereniging die NPL weens beweerde wangedrag tydelik geskors het. Die NPL het hom sonder sukses na die Namibiese hooggeregshof gewend waar die saak deur die hof met koste verwerp was.

Die NPL het toe ’n saak by die Hof vir Arbitrasie in Sport (CAS) in Switserland ingedien, wat steeds hangend is.

Die vyf individuele geskorste lede van die NPL se uitvoerende komitee is Patrick Kauta (voorsitter), Harald Fülle (hoofbeampte), Gabriël Tjombe, Peter Nakura en Boni Paulino.

Die NPL het ná die 2018-19-seisoen Civics en Orlando Pirates volgens sy reëls uit die NPL na die eerste liga gerelegeer en het beplan om net met 13 klubs voort te gaan. Die NFA was nie hiervoor te vinde nie en het die NPL opdrag gegee om die twee klubs weer toe te laat om aan die 2019-20 NPL-reeks deel te neem.

Die NPL het geweier en is in Oktober deur die Fifa-normaliseringskomitee geskors. Dus is geen wedstryde sedert verlede seisoen in die premierliga gespeel nie.

Nóg ’n sentrale twispunt is die skorsing van Young African FC uit die NPL. Dié klub het in 2018 ’n ongeregistreerde Zimbabwiese speler gebruik wat boonop onwettig in Namibië sonder ’n werkvisum was.

Selfs ontmoetings tussen die minister van sport, die NFA en NPL het vrugteloos geëindig om dié knelpunt te probeer oplos.

Mnr. Ranga Haikali, president van die NFA, is van mening dat die NFA ’n oplossing vir die verlies van die NPL het.

MTC het einde Junie ’n borgskap vir N$13.5 miljoen in elke van die volgende drie jare aan die NFA bekend gemaak om sy NFA-beker aan te bied wat reeds vir etlike seisoene nie meer gespeel word nie. Moontlik het die borgskap rede tot die NFA se besluit gevoeg om die NPL se lidmaatskap op te hef.

Volgens Haikali (wat ’n lid van die NPL se uitvoerende komitee was toe die NPL aanvanklik geskors is) het die NPL meer as ses kanse gehad om ’n vredespyp met die moederliggaam te rook.

Haikali sê: “Ons (NFA) het regverdig opgetree. Die besluit om die NPL uit te gooi, was nie die enigste opsie nie. Nadat die onderhandelinge met die voormalige Fifa-normaliseringskomitee op die rotse beland het, het die NPL sy saak in die hof getoets en misluk.

“Toe is hulle na die CAS in Lausanne, Switserland, wat vir arbitrasie verwys is. Die laaste poging was ’n vergadering tussen ons, die NPL en die ministerie van sport, wat ook futiel was.

“Die NPL se hele manier van dinge doen was op dreigemente gebaseer. As julle (NFA) nie dit doen nie, sal ons só doen, en so het dit aangegaan. Dit is nie die manier hoe ’n mens onderhandel en geskille oplos nie.”

‘DIT WAS VOORAF HUL AGENDA’

’n Anonieme bron van die NPL vertel egter ’n ander verhaal.

“Dit is so helder soos daglig dat die NFA se besluit om die NPL se lidmaatskap op te hef sedert die begin sy plan was. Sy agenda is om van sekere mense in sokker ontslae te raak. Dit het meer te doen met stamgevegte in sokker as enigiets anders.

“Die NFA kan nie lede van ’n onafhanklike entiteit soos die NPL bloot wegjaag nie. Ons is nie persoonlik toerekenbaar nie. Dit is in die konstitusie, maar hul optrede het nou presies gewys wat hul ware motief is. Ons het binne die raamwerk van die NPL se reëls en regulasies gehandel.

“Met die appèlverhoor van Young Africans het die NFA se onderrok klaar begin uithang. Volgens die konstitusie kan ’n span nie van ’n onwettige buitelandse speler se dienste gebruik maak nie. Die minimum straf vir die skuldige klub is dat ligapunte afgetrek word. Daar is geen ruimte vir ’n pleitooreenkoms nie. Nou het die NFA die reëls gaan verander en Young Africans met N$100 000 beboet om weer op die topvlak te mag sokker speel. Dit druis heeltemal teen die beginsels van die konstitusie in.

“Die NFA wou bloot van die NPL ontslae raak om ’n nuwe Superliga te begin. Hoe die NFA dit gaan, doen weet ek nie. As die NPL uitgeskop is, is sy lede ook uitgeskop en mag volgens die NFA nie aan sokkerkompetisies deelneem nie. Hoe gaan die NFA dit verduidelik?

“Volgens die NFA het van ons lede ’n paar maande gelede ’n brief aan hulle gerig waarin die klubs gesê het hulle bedank as lede van die NPL. Tot op datum het ons nog nie so ’n skrywe gesien of ontvang nie. Die klubs is steeds lede van die NPL.

“As die NPL nie meer ’n lid van die NFA is nie, is die klubs in die NPL ook nie meer lede nie. Wat wil die NFA nou doen? Seker die klubs vra om terug te kom om weer sokker in hul Superliga te speel.

“Ironies genoeg was Haikali self deel van die NPL-uitvoerende komitee en NPL-kongres toe besluit was dat die NPL nie sy konstitusie gaan verander en die opdragte van die NFA rakende die promosie-relegasie van NPL-klubs gaan uitvoer nie.

“Die punt is: Die NPL se lidmaatskap is opgehef sonder dat die NPL verhoor en teenwoordig was. Die NPL het nie teen die NFA opgetree nie, maar bloot sy mandaat binne ’n raamwerk uitgevoer om die premierliga te reguleer.

“Ek sal graag wil weet presies waarvan die geskorste individue aangekla word. Ons het nie op ons eie opgetree nie. Ons het in opdragte van die goewerneursraad (BoG) opgetree, wat die lidklubs van die NPL is. Die NFA se ander kopseer is die sub judice saak wat tans nog by die CAS hangend is. Wat gaan gebeur as die CAS téén die NFA beslis?

“Die NFA misluk klaaglik daarin om volgens sy eie grondwet en reëls te handel. Sy besluit om die NPL weg te jaag, is nie net onkonstitusioneel nie, maar ook geensins bevorderlik vir die nasionale spel nie.

“Dit is inderdaad ’n donker en hartseer dag vir sokker in Namibië.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%