Veertiende Covid-19-geval herstel
Veertiende Covid-19-geval herstel

Veertiende Covid-19-geval herstel

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula sê 14 uit die 16 bevestigde Covid-19-gevalle het nou ten volle herstel.

Shangula sê tot op hede is 2 586 weefselmonsters getoets, met 149 weefselmonsters wat Dinsdag getoets is. Laasgenoemde is die daaglikse teiken vir toetsing.

Tot op hede is 1 412 mense in die land in kwarantyn geplaas waaran 917 reeds huis toe gestuur is. Tans is 495 in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer