Veelsydige skrywer gee kleur aan 'hondelewe'

Jan Vermeulen: steeds ’n Namibiër in hart en siel
Yandi Du Plessis
Min weet dat die Namibiese bloed sterk deur die veelbekroonde skrywer Jan Vermeulen se are loop.

Sy negende roman Baster het in November verskyn en Kollig het met hom gesels oor sy grootwordjare in Namibië, die invloed wat dit steeds op sy skryfwerk het en sy liefde vir honde.

Jan is in Bethanie gebore. Hy was 'n leerling by Laerskool Bethanie tot sy pa se dood, waarna hulle na Windhoek verhuis het. Daar was hy in Laerskool Eros en later Windhoek Hoër­skool (WHS).

Ná twee jaar van verpligte diensplig, het hy in 1981 teologie begin studeer, eers in Port Elizabeth, en later in Stellenbosch.

Hy woon sedert 1992 op Despatch, 'n dorpie 25 kilometer vanaf Port Elizabeth. In 2008 het Jan die bediening verlaat en stelselmatig 'n “huiskerk” opgerig.

Hoewel skryf nooit sy vaste beroep was nie, vertel Jan hy het sedert 2008 veel meer tyd vir dié passie.

“Elke nuwe boek voel vir my soos 'n nuwe mylpaal, omdat elke boek 'n verwesenliking is van 'n lewensideaal van kinderdae af. Daar in WHS het ek gereeld in klastyd gesit en stories skryf terwyl ons eintlik moes leer vir eksamens of toetse.”



VORIGE WERK

Behalwe vir Baster het Jan reeds agt romans neergepen, waarvan vyf verskeie toekennings ingepalm het.

Hy het sy hand aan jeug- én volwasse romans gewaag. In 1998 verskyn sy debuutroman Die Laaste Dans, wat oor die grensoorlog gehandel het. In 2000 volg Geraamtes Dra Nie Klere Nie, wat onder meer 'n Sanlam en Tafelberg goue prys vir jeugliteratuur ontvang het.

In 2015 wen hy met Asem die Lapa-jeugromankompetisie.

Soen word in 2016 met die Sanlam en Tafelberg silwer prys vir jeugliteratuur bekroon, terwyl hy in 2017 weereens die Lapa-jeugromankompetisie wen met Oopmond.

In 2018 verskyn sy misdaadnovelle Die Vyfde ­Aspoester en kort daarna, in 2019, sien Ondier die lig.

Vanjaar blyk 'n besige een vir Jan te wees, want Baster (wat vandeesmaand amptelik bekend gestel is) is as naaswenner van die Lapa-jeugromankompetisie aangewys. Hy het duidelik 'n voorliefde vir misdaadfiksie, want in 2020 het hy ook Nagjagter neergepen.



BASTER

Jan vertel: “Karel Zimmerman is 'n graad 11-seun wat met honde kan praat. Die ander hoofkarakter in die boek se naam is Hêppie,'n liefdevolle foksterriër-kruising wat deur 'n 'hondeman' gedwing word om aan onwettige hondegevegte deel te neem.

“Die storie handel oor Karel se liefde vir honde, maar ook die hartver­skeurende verhaal van onwettige hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.”

Die pragtige maar soms ook wrede verhoudings tussen mense en honde vorm die kern van die storie. Ander temas wat aangeraak word, is grootword, selfidentiteit, vriendskappe, gespanne verhoudings met ouers en met die teenoorgestelde geslag, verwerking van verlies en dood.

Die verhaal speel af op 'n klein dorpie waarvan die naam nooit direk genoem word nie, juis om aan die verhaal 'n meer universele aard te gee, aangesien kwessies soos hondegevegte 'n universele verskynsel is.

“Baster is geskryf met die doel om namens die stemloses te praat wat dit nie self kan doen nie. Vir my as hondeliefhebber (my familie het my Jan Hond genoem toe ek 'n kind was) is dit amper onvergeeflik wanneer 'n mens die lojaliteit en liefde van jou hond wreed misbruik vir eie gewin .

“Dis soos verraad teen jou beste, lojaalste vriend.”

Die roman is gemik op jong volwassenes, 15 jaar en ouer, maar mense tot in hul gryse jare sal die boek geniet, veral mense wat goeie herinneringe aan hul huisdiere van kinderdae af het.

“Die jong volwassene is in die fase van hul lewens waar ouderdom soos 'n skarnier funksio­neer, 'n skarnier wat 'n deur tussen kindwees en grootword vir hulle moet oopmaak.

“Dit is kommerwekkend dat jongmense van dié ouderdom al meer blootgestel word aan praktyke soos hondegevegte en dat hulle empatie vir lewende wesens kan verloor.

“Met Baster poog ek om jong lesers aan te spoor om deel aan die bekamping van die euwel te hê. Hulle behoort ook geïnspireer te word om oor die algemeen 'n liefde vir hul huisdiere te ontwikkel en sodoende al hoe mooier en beter vir die diere te sorg.”



NAMIBIESE ­INSPIRASIE

“My liefde vir skryf het in Laerskool Bethanie begin en is sterker gevoed deur ondersteunende onderwysers in Laerskool Eros en ook Windhoek Hoër­skool,” vertel hy.

Sy liefde vir skryf is in sy geboorteland gebore en daarom sal Namibië vir altyd 'n sentrale rol in sy skryfwerk speel, sê Jan.

“Die Laaste Dans speel af in die tyd van die grensoorlog en my tyd saam met die wonderlike San-mense en hul soldaat spoorsnyers in die noordooste van Namibië.”

Sy Namibiese wortels het altyd 'n integrale deel in sy werk.

“Regdeur al my boeke duik karakters van Namibië op, al word hulle nie altyd as Namibiërs genoem nie. Hêppie, byvoorbeeld, is ons foksterriër wat ons destyds in Bethanie gehad het. Die van Zimmerman het ek van skoolmaats in Windhoek geleen.

“Ja, my geboorteland is vir altyd in my bloed en sal altyd in my skryfwerk deurskemer.”

Baster is by meeste boekwinkels beskikbaar, maar kan ook direk van Lapa-uitgewers of Grafitti Boeke bestel word. Dit is ook reeds in e-boekformaat beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%