Veedief vlug kaalvoet voor polisie in Gamsberg-gebied
Ronelle Rademeyer - 'n Vermeende veedief wat na bewering vroeg gisteroggend 'n duur stoetbul en twee koeie op 'n plaas in die Gamsberg-gebied geskiet het, is nou al vir sowat 24 uur kaalvoet in dié onherbergsame gebied aan die vlug.
Mnr. Frans Fisch, woordvoerder van die Rehoboth-buurtwag vir veeboere, sê 'n polisiehelikopter het Dinsdag help soek nadat die polisie in Windhoek en van die polisiekantoor op Nauchas se hulp ontbied is.
Die voortvlugtende se drie makkers is in hegtenis geneem en kan na verwagting dalk al vandag in die landdroshof op Rehoboth verskyn.
Volgens Fisch is vasgestel die vleis was vir die Walvisbaaise informele mark bestem.
Lees die volledige berig môre in Republikein.
Foto ter illustrasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie