Veebemarking duik in die hek

Skuldlas wurg Namibiese boere

08 June 2020 | Landbou
Ronelle Rademeyer – Die bemarking van beeste en skape het in die eerste kwartaal vanjaar behoorlik in die hek geduik, met 56,6% minder beeste en 72,2% minder skape wat by uitvoerabattoirs geslag is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Wat uitvoere op die hoef betref, lyk die prentjie nie veel beter nie – 48 896 speenkalwers is in die eerste vier maande van die jaar uitgevoer teenoor die 63 417 in 2019. Hierteenoor is 42 910 skape lewend uitgevoer teenoor 104 196 in die eerste kwartaal van 2019. Dit verteenwoordig dalings van 22% en 58,8% onderskeidelik.

Dié syfers blyk uit die Namibië Landbou-unie (NLU) se oorsig van landboubedrywighede in die eerste kwartaal van 2020.

Volgens die oorsig was daar ’n geringe daling van 2,4% in die getal beeste wat vanaf Januarie tot einde April op veilings onder die hamer gekom het.

Beespryse was jaar-op-jaar 14,8% hoër en die pryse van skape 4,9%. Speenkalfpryse het met 30,5% gestyg. Speenkalfpryse as persentasie van slagpryse het tot 70,8% gestyg (langtermyn-gemiddeld 63%), wat beteken dié produksiestelsel was in die eerste kwartaal meer winsgewind as osproduksie.

Verder was daar in die tyd onder oorsig ’n jaar-op-jaar styging van 3,1% in die mandjie insette wat gebruik word om landbou-inflasie te bereken.

Dit is juis vanweë duurder insette dat beesboere die afgelope 14 jaar produktiwiteit en doeltreffendheid met 3,1% moet verhoog en skaapboere met 0,7% om te verhoed dat hulle boerderye ondergaan.

BOERE SE SKULDLAS

Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, skryf die afname in bemarking grootliks toe aan die kuddeboufase op plase ná die droë jare van 2013 tot 2019 toe boere genoodsaak was om groot getalle vee te bemark. (Republikein saai later vandeesweek ’n onderhoud met Venter hieroor in Kletskompas op Facebook uit.)

Hy wys daarop dat plase in die beesproduserende dele van die land, met die uitsondering van die noordweste, goeie weiding het, maar dat produsente in die skaapproduserende dele steeds weidingsprobleme ervaar.

Die groot nagevolg van die jarelange droogte is dat boere die kuddeboufase met negatiewe kontantvloei moes binnegaan.

Boerderyskuld het in Junie 2018 altesaam N$6,3 miljard beloop, van waar dit tot Junie 2019 met bykans N$1 miljard tot N$7,1 miljard gestyg het.

Hy sê die NLU het verlede jaar met handelsbanke oor betalingsvakansies onderhandel, maar kon dit vanweë die Bank of Namibia (BoN) se reëls nie bewerkstellig nie. As gevolg van die Covid-19-pandemie en die vernietigende uitwerking daarvan op Namibiërs se inkomste, is dit intussen wel ingestel.

Venter sê boere ly onder die impak wat die pandemie op trofeejag en toerisme het, aangesien vele boere lankal nie meer op veeproduksie alleen as inkomstebron steun nie. Hy sê dit is onseker wanneer internasionale toerismeverkeer sal hervat.

Volgens die NLU plaas die pandemie verder ook druk op markte en die ontwrigting van die wêreldekonomie kan uitvoerkommiditeite negatief beïnvloed.

“Die Namibiese landbousektor moet sy strategie aanpas om sy mededigende voordeel te verbeter of te behou,” sê die NLU in sy Agri-oorsig.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

23 minute gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

45 minute gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

2 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

3 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Kleintjies terug skool toe

14 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...

'Fitty' wil N$16 m. vir borg betaal

14 ure gelede | Misdaad

Jemima BeukesDie Fishrot-beskuldigde mnr. Tamson 'Fitty' Hatuikulipi – wat die staat aanvoer was 'n inte­grale deel van die viskwota-­omkoopskandaal – het sy vaste bates ter...