Vat vyf!
Sy het geen, maar geen bekendstelling nodig nie. In die Namibiese gemeenskap is Lize Ehlers 'n naam wat daagliks gehoor word. Hierdie filantroop, sangeres en ma het pas haar vyfde album bekend gestel en dís ook die titel van die album – 5. Die album bestaan uit 10 liedjies en die emosie daarvan gaan jou tot in jou binneste roer. Die liedjies is deur Lize self geskryf en die agtergrondsang word ook deur haar behartig.
“My musiek en lewe as aktrise het ’n direkte invloed op mekaar. Die een maak my ’n beter sanger en die ander maak my ’n beter aktrise. Albei is my blessing en my curse. Maar ek is lief vir wat ek doen. En deur my lewenservaringe kan ek lirieke skryf wat hopelik iemand anders se lewe kan verander. My leuse is om dinge altyd met ’n oop kop te benader, om hard te werk en om die gemeenskap ten volle te ondersteun met wat ek het," sê sy.
Kry 5 by jou naaste musiekwinkel of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie