• Tuisblad
  • Sport
  • Varsitybeker: Só lyk die kwotavereistes vanjaar
Varsitybeker: Su00f3 lyk die kwotavereistes vanjaar
Varsitybeker: Su00f3 lyk die kwotavereistes vanjaar

Varsitybeker: Só lyk die kwotavereistes vanjaar

Rugby
Owen Kock - Die reëlingskomitee van die Varsitybeker-reeks, wat van 4 Februarie tot 15 April gespeel word, het vandeesweek sy transformasiebeleid vir die toernooi bevestig en die vernaamste wysiging is dat 'n bykomende speler van kleur in beginspanne moet wees.

Nes verlede jaar die geval was, moet 35% van die spelers in elke 23-tal van kleur wees, maar vanjaar word daar vereis dat vyf van dié spelers ook in elke beginspan moet wees.

Vir universiteite wat in die verlede gesukkel het om by die kwotas uit te kom, kan dit vanjaar 'n probleem wees, terwyl daar ander spanne is wat is wat geensins probleme sal hê om dié beleid toe te pas nie.



NET RSA BURGERS TEL

Die nege deelnemende universiteite moet “die uitdaging van diversiteit omhels en hulle bes doen om geleent­hede te skep om spelers van kleur te bevorder”, sê die organiseerders in 'n verklaring.

Die organiseerders sê voorts net gekleurde spelers wat Suid-Afrikaanse burgers is, mag ingespan word om die kwotavereistes na te kom.

Dit geld ook in die Skild-, Young Guns- en Koshuisliga.

Intussen het die organiseerders ook aangekondig dat daar teruggekeer word na die tradisionele puntetoekenning in wedstryde.

Daar is net een uitsondering, wat slegs in die Varsitybeker-reeks van krag sal wees, naamlik die punte vir drieë wat in 'n span se eie halfgebied ontstaan het.

Sulke drieë sal met sewe punte, pleks van die gewone vyf, beloon word.

Daar word dus weggedoen met die negepunt-drieë, wat voorheen toegeken is vir drieë wat in 'n span se eie kwartgebied ontstaan het.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A