Vangs van 'n leeftyd

09 January 2020 | Plaaslik
Otis Daniels - Min het Rudie Swartz geweet wat hy en 'n vriend uit die water sou haal toe hulle Vrydag by Langstrand vir haaie gaan hengel het.

In plaas daarvan om sy vangs met lyn, hoek en aas uit te trek, het Rudie en Werner van Riet vermoedelik 'n kortbek-speervis of witmarlyn met hul kaal hande uit die water gehaal.

“Ek het aanvanklik gedink dit is 'n haai en toe 'n groot stuk aas na hom gegooi,” sê Rudie.

“Die vis het in sirkels in vlak water geswem en toe ek sien hy ignoreer die aas, het ek besluit om ondersoek in te stel.”

Tot sy verbasing ontdek Rudie toe dit is nie 'n haai nie.

“Dit was 'n baie vreemde vis met 'n spiesagtige uitsteeksel aan die voorkant van sy kop. Ons het in die water gespring, die vis met ons kaal hande gevang en na die wal getrek. Ek het al 'n paar lekker groot visse gevang, maar niks van dié aard en nog nooit op só 'n manier nie.”

Die hele episode met die spartelende vis is verfilm en het op sosiale media beland.

Volgens Rudie, wat al vir langer as 35 jaar 'n ywerige hengelaar is, was die vis erg beseer en het hy verskeie vishoeke in sy maag gehad.

“Ek dink iets soortgelyks het met die tuna gebeur wat hengelaars in Sandvishawe opgemerk het. Dié het 'n dag daarná dood uitgespoel.”

Die Namibiese Dolfynprojek het Rudie gevra om 'n stuk van sy vangs se rugvin en 'n stuk vleis van die vis aan hulle te ­voorsien sodat toetse kan bepaal aan watter spesie die vis behoort.

Rudie het sy skaars vangs gevries voor hy dit gaan opsny en braai.

“Ek weet hoe die vis smaak, want ek het dit voorheen op ­Richardsbaai, in Suid-Afrika, geproe. Dit bied 'n uitsonderlike en smaaklike eetervaring en jy kry dit selde op die rakke in ons winkels,” sê hy.

Leon Krause, eienaar van 'n ­hengelwinkel op Hentiesbaai, sê hengelaars sal alles gee vir 'n vangs soos die.

“Dit is selde dat so 'n vis in ons waters gevind word, en die vangs is beslis 'n droom vir elke ­hengelaar. Die manier waarop hy dit gedoen het, is ook uitsonderlik.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

6 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...