Vakleerlinge: Verbod op plasing opgehef
Die verbod op die plasing van vakleerlinge in die staatsdiens word van 1 Junie af opgehef.
Dit het sedert Januarie vanjaar, hangende ’n ondersoek en oorsig van aanstellingsprosedures, gegeld.
Voortaan sal vakleerlinge, wat onder meer leerlingdokters insluit, op ’n tydelike vastetermynkontrak met ’n basiese vaste salaris aangestel word.
Volgens eerste minister Saraah Kuugongelwa-Amadhila word die outomatiese oorgang nadat vakleerlinge hul internskap voltooi het, afgeskaf.
Vakleerlinge sal dus nie meer outomaties tot die staat se werksmag toetree nie, en die manier waarop hulle vergoed word, sal ook gewysig word.
Die bestaande beleidsraamwerk vir internskappe is ook gewysig om hiermee te strook.
Voorsiening word gemaak vir onder meer tydelike plasing met ’n vastetermynkontrak, sowel as die betaling van ’n basiese toelaag.
Alle wysigings geld van 1 Junie af.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie