Vakbond frons oor SAB mense wil afdank

'Nie oortreding van voorwaardes'

14 February 2020 | Sakenuus
Khulekani Magubane -
Die vakbond Food and Allied Workers Union (Fawu) oorweeg dit om die bierreus AB InBev se planne teen te staan om perso­neel af te lê.

Fawu glo die afleggings is 'n oortreding van die voorwaardes wat die mededingingsowerhede vir AB InBev se oorname van SABMiller gestel het. AB InBev glo egter hy kom wel die voorwaardes van die oorname na.

Dié samesmelting wat in Oktober 2016 afgehandel is, het die grootste bierbrouery in die wêreld tot gevolg gehad. Die oorname was ook deurentyd onder die vergrootglas in die parlement en by die mededingingskommissie.

AB InBev het einde Januarie in 'n kennisgewing ingevolge art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan personeel gesê afleggings word oorweeg.

Mngomezulu Mayoyo, adjunk-sekretaris-generaal van Fawu, sê Fawu gaan Thembinkosi Bonakele, kommissaris van mededinging, hieroor nader.



AANDEELHOUERS

“Ons gaan die kommissaris vra of ons die mede­dingingskommissie kan nader om te hoor of die voorwaardes van die same­smelting oortree word,” sê Mayoyo.

Fawu het AB InBev Woensdag onder toesig van die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA) ontmoet. Die vakbond is egter nie oortuig daarvan dat die saak geldig is wat die maatskappy vir die ­afleggings gestel het nie.

“Ons sal dit verdedig en seker maak poste word nie deur die herstruktureringsproses verloor nie. Ons het Woensdag 'n vergadering met die KVBA gehad. Ons het dit duidelik gemaak ons gaan nie luister na wat hulle sê nie.”

Volgens hom het die ooreenkoms oor die same­smelting bepaal SAB mag nie binne vyf jaar mense aflê nie.

“Hulle begin nou met afleggings voordat die vyf jaar verby is. Hulle beweer dit het niks met die samesmelting te doen nie, maar ons glo dit het omdat die aandeelhouers meer wins wil hê en die aandeelhouers het die maatskappy se aandele gekoop terwyl hulle geweet het 'n samesmelting vind plaas.”

Refilwe Masemola, AB InBev se direkteur van eksterne kommunikasie, sê vir die onderneming om behoorlik te kan meeding, moet hy sy struktuur gereeld hersien.

“Ons standpunt is duidelik. Dit is nie 'n oortreding van die ­voorwaardes van die samesmelting nie. Die maatskappy is verbind daartoe om die voorwaardes na te kom en ons prosesse by die KVBA is nie 'n oortreding hiervan nie.”

Volgens Masemola raak die herstrukturering net 'n “klein minderheid” van die werkers in spesifieke gebiede en strek die afleggings nie oor die hele ­onderneming nie.

David Hauxwell, SAB se visepresident van aankope en volhoubaarheid, het in 2018 aan die parlementêre portefeuljekomitee van ekonomiese ontwikkeling gesê dat die maatskappy niemand mag aflê nie omdat dit een van die voorwaardes is, maar dat 350 mense wat weg is daar was deel van “ 'n proses waar mense die geleentheid gegee is om te gaan of te bly”.

“Die voorwaarde was dat die getal personeel op 5 697 gehou word en dit is hoeveel daar tans is. Hulle mag wel afleggings doen vir bedryfsredes as daar 'n negatiewe ekonomiese klimaat is.”

Mayoyo sê AB InBev en Fawu ontmoet weer 24 Februarie by die KVBA.
– Netwerk24/Fin24

Soortgelyk

 

Damme voller

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

4 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

4 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

4 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

4 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

4 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

4 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...