Vakansieganger vind lyk van seun op strand
Die seun wat Sondag by Hentiesbaai verdrink het, se lyk is gevind.
Dit is gisteroggend deur 'n Windhoeker gewaar wat op die strand by dié kusdorp gery het.
Prince Pietersen (11) het verdrink toe hy Sondag oor die middaguur saam met drie ander seuns gaan swem het, maar sy lyk kon nie gevind word nie.
Dieselfde dag het sewe kinders glo in die teenwoordigheid van hul ouers by Platz am Meer op Swakopmund gaan swem.
’n Tienjarige meisie is glo deur ’n sterk brander die see ingetrek. Sy het om hulp geskree en haar ma het ’n omstander om hulp gevra, wat die kind gered het.
Sy is in die staatshospitaal van Swakopmund opgeneem.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, het die gemeenskap gewaarsku om versigtig te wees en die nodige veiligheid by water toe te pas.
“Ouers moet hul kinders uit die water hou as hulle nie kan swem nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie