Vaarwel Barclays Africa
Internasionale wetgewing het meegebring dat aandeelhouding in banke oorsee minder aantreklik geword het.
Barclays Africa gaan sy naam amptelik na die Absa Group verander.
Die maatskappy het Donderdagoggend dié aankondiging gemaak.
Dit kom nadat die Britse moedermaatskappy, Barclays, sy belang van 62,3% in Barclays Africa tot 23,3% verminder het.
Die rede hoekom Barclays sy belang verkoop het, is omdat internasionale wetgewing ná die internasionale finansiële krisis in 2008 soveel toegeneem het dat dit minder aantreklik is vir internasionale banke om belange in banke oorsee te besit.
Die eerste belang van 12,2% is in Mei 2016 in 'n versnelde boekbou verkoop. Einde Mei 2017 is sy belang van 50,1% tot 23,4% verminder in die grootste boekbou in Suid-Afrika se geskiedenis.
'n Belang van 1,5% is bygedra tot 'n bemagtigingskema en 7% is deur die Openbare Beleggingskorporasie verkry.
Barclays Africa sê as alle goedkeurings verkry word, sal die naam op 20 Mei amptelik verander. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie