UPM ook sat vir geweld
’n Opposieparty vra dat vermeende geweldenaars borgtog geweier word.
Denver Kisting
Die United People's Movement (UPM) het ook sy kommer uitgespreek oor die vlaag geweld teen vroue en kinders.
Die UPM sê in 'n verklaring by monde van sy visepresident, mnr. Jan van Wyk: “Geslagsgegronde geweld is 'n reusebron van kommer. Die UPM wil 'n beroep op ons mans doen om dié lafhartigheid te staak en eerder ons vroue, kinders en die weerloses te beskerm.”
Van Wyk het eweneens op die owerhede beroep om oortreders van geslagsgegronde geweld aan die pen te laat ry.
Hulle vra ook dat vermeende geweldenaars nie op borgtog vrygelaat word hangende die ondersoeke nie “om dié bedreigings uit ons samelewing te hou”.
Hy het voorts gesê die UPM is baie bekommerd oor die hoë vlakke van werkloosheid onder veral die stedelike jeug.
Dié situasie lei daartoe dat jeugdiges hulle tot misdaad wend, sê hy.
Pleidooie die afgelope drie jaar aan werklose UPM-jeugdiges om by die party se jeugliga aan te sluit, val grotendeels op dowe ore, sê hy.
Derhalwe moes planne om opleidingsessies van stapel te stuur eers op die lange baan geskuif word, het hy gesê. “Ons kan nie in julle belê as julle nie bereid is om jul gemaksone te verlaat nie.”
Hy het voorts sy lede ingelig hulle hou hul vinger op die pols van hoe die besluite van die onlangse nasionale grondberaad in werking gestel sal word.
Van Wyk het tydens die onlangse vergadering met UPM-lede terugvoering gegee oor die werksaamhede van die party se bestuur.
Hy het benadruk dat hy as parlementslid die party se belange in die Nasionale Vergadering (NV) verteenwoordig, terwyl daar talle plaaslike platforms is waar ander aangeleenthede aandag geniet.
Volgens hom is daar verwarring oor die verskillende rolle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie