UNWTO-hoë besoek Namibië Toerisme Ekspo
Francoise Steynberg – Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismeorganisasie (UNWTO), mnr. Zurab Pololikashvili, gaan Namibië besoek en ook by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) kom kuier.
Die gebore Georgiër sal op Woensdag 4 November die genooide spreker wees by die amptelike opening van die NTE wat deur Namibia Media Holdings (NMH) by SKW in die hoofstad aangebied word.
Volgens ’n mediaverklaring van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is dit die eerste besoek van die UNWTO se sekretaris-generaal ooit aan Namibië en die eerste aan ’n Afrikaland suid van die Sahara sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie.
“Sy besoek het ten doel hê om Namibië se Toerismeherlewingstrategie te versterk. Soos talle ander lande is die impak van die pandemie op die Namibiese toerismesektor vernietigend met 100 000 werksgeleenthede in dié bedryf in die weegskaal,” lui die verklaring.
Pololikashvili en ’n afvaardiging van vier senior bestuurders van die UNWTO sal vanaf 1 tot 4 November in Namibië wees en ook die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco) se wêrelderfenisgebied Sand-en-See by Sossusvlei en die Erongostreek besoek.
“Namibië is oop vir internasionale toerisme en verwelkom die sekretaris-generaal met ope arms op Namibiese bodem,” het die toerismeminister, mnr. Pohamba Shifeta, gesê.
Die afvaardiging sal deur pres. Hage Geingob en die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, ontvang word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie