United soek tweede derby-opskudding

Krieket

15 May 2019 | Sport
Andrew Poolman - Twee van die oudste sportklubs in Windhoek se paaie kruis vandeesweek met botsings in verskeie kodes in die tradisionele derby tussen Wanderers en United.

Vandag se T20-krieketwedstryd vanaf 17:30 is die eerste skote van die stryd, met Wanderers aan die beurt as gasheerklub vanjaar.

Op die krieketveld het Wanderers die afgelope jare met sy gereelde kerngroep van nasionale spelers die botoon gevoer teen sy aartsvyand van Olympia, wat met tye 'n werklike stryd om oorlewing moes voer.

United se dramatiese oorwinning met een lopie verlede jaar op sy tuisveld het dus nogal vir 'n beroering gesorg, omdat dit meer as 'n dekade se eensydige uitslae verbreek het.

Die Filistyne in blou het 109/7 op die telbord geplaas wat rondom Lo-han Louwrens (62 van 44 balle, vier viere, twee sesse) en kaptein Darren van Dyk (24 van 23 balle, 1x4 2x6) gebou was.

Tussendeur was daar nulletjies vir Christopher Coombe, Hendrik van der Walt en Luan Reinders, terwyl Danie van Schoor net een lopie kon bydra.

Die wenteiken het gewis nie imponerend gelyk nie, maar onder die spreiligte kon enigiets gebeur.

Die Wit Hingste het vir beide Wessel Myburgh (3) en Ewald Steenkamp (9) verloor met net 20 op die bord.

Colin Schoonbee (21 van 17 balle), JJ Smith (27 van 31 balle) as die laaste man wat uitgehaal is, en Nicolaas Scholtz (27 van 28 balle) het Wanderers tot op die rand van 'n oorwinning gebring.

Wanderers het sewe lopies gekort van die 20ste boulbeurt van Coombe, maar met die eerste bal is Nicolaas Scholtz uitgevang en met die volgende bal is JJ Smit uitgehardloop ná 'n misverstand oor die tweede lopie.

Met vier nodig van die laaste bal, het Gerhard Lotter (3*) twee behaal, wat Wanderers op 108/6 een agter United se totaal gelaat het.

United se boulhelde was Stephan Jordaan (2/13 in 2), Coombe (2/26 in 3), Dewald Nell (1/16 in 2) en Danie van Schoor, wie se drie boulbeurte net 9 gekos het.

Van Schoor is vandeesweek ingesluit in die nasionale toerspan wat na 'n T20-toernooi in Uganda vertrek en is klaarblyklik vrygestel om vanaand sy klubspan se kaptein te wees.

Hierteenoor sal Wanderers die derby sonder sy ses lede van die Eagles se toer aanpak.



Die spanne vir vandag:

Trustco United: Darren van Dyk, Hendrik van der Walt, Henry Oliver, Danie van Schoor (kaptein), Damon Coetzee, Lo-han Louwrens (onderkaptein, paaltjiewagter), Jan-Ivan van Dyk, Louis Vermaak, Dewald Nell, Wouter Venter, Brendan Britten; Rudie Liebenberg (twaalfdeman).

Samsung FNB Wanderers: Wessel Myburgh, Tiaan Louw, Ewald Steenkamp, Colin Schoombee, Nicolaas Scholtz (kaptein), Andrew Forrest, Michael Durant, Pieter Rossouw, Tommie van der Merwe, Martin van Niekerk, Colin Peake, Tiaan Gerber.

• Afgesien van die wedstryde tussen die vierde en derde netbalspanne Vrydagaand, sal die meeste van die derby se aksie Saterdag by Wanderers plaasvind:

09:00 Tweede netbalspanne

10:30 Eerste netbalspanne

13:00 Rugby, Wanderers III teen Grootfontein

14:00 Vrouehokkiespanne

14:45 Tweede rugbyspanne

16:45 Eerste rugbyspanne

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

10 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

10 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

10 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

10 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...