Unisa-kompetisie oop vir klassieke en jazz-strykers
Inskrywings vir Unisa se internasionale musiekkompetisie vir strykers is amptelik oop – en dié keer word jazzmusikante ook genooi om hul staal te toon.
Dié kompetisie, wat sedert 1988 vir die sesde keer aangebied sal word, sal voortaan in twee kategorieë beslis word: klassiek (viool en tjello) en jazz (kitaar, baskitaar en kontrabas).
Kgomotso Boshielo, ’n geleentheidsadministrateur by die Unisa-musiekstigting, het aan Netwerk24 gesê dit is die eerste keer dat die soeklig in die kompetisie ook op jazz sal val.
Van die wêreld se topmusici van onder 30 jaar oud sal om kontantpryse ter waarde van meer as R2,1 miljoen meeding.
Hul stryd om die prysgeld sal volgende jaar op 24 Januarie in die ZK Matthews-saal op die Unisa-kampus in Pretoria begin, en op 5 Februarie eindig.
Die kompetisie sal oudergewoonte deur Unisa se nasionale musiekkompetisie vir Suid-Afrikaanse strykers voorafgegaan word, wat vanjaar van 10 tot 17 Julie plaasvind. Deelnemers wat die eindronde in dié nasionale kompetisie haal, sal outomaties vir die internasionale kompetisie gekeur word.
Belangstellendes sal as deel van hul inskrywing ’n aanlyn video-opname van sowat 20 minute by hul aansoek moet insluit, asook inskrywingsgeld van R400 vir inwoners van Suidelike-Afrika en $90 vir enigiemand wat van elders ter wêreld afkomstig is. Slegs 30 kandidate – 15 in die afdeling vir klassieke musici en 15 in jazz – sal sake in Pretoria in vier rondes uitspook.
Inskrywings moet teen 2 Augustus aan The Secretariat, Unisa International Strings Competition, c/o Unisa Music Foundation, Posbus 392, Unisa, 0003 gepos word. Dit kan ook per e-pos aan Boshielo by [email protected] en [email protected] gestuur word.
Navrae kan ook aan Boshielo gerig word. Meer besonderhede, insluitende die aansoekvorm, kompetisie- en repertoriumvereistes, en bepalings en voorwaardes, is by www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/About/What-we-do/Arts-&-culture/Unisa-Music-Foundation/Competitions beskikbaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie