Unam stel Inceptus bekend
Aansoeke word oorweeg vir die pos van 'n hoofbestuurder wat 'n inkomste uit Unam se navorsing, bates en
Augetto Graig - Die Universiteit van Namibië (Unam) het reeds aansoeke ontvang vir die pos van hoofbestuurder vir Inceptus Holding.
Dié nuwe maatskappy is deur die universiteit se raad op die been gebring om die universiteit se kundigheid, navorsing en innovasie te bemark en 'n inkomste daaruit te maak.
Volgens Unam se woordvoerder, mnr. Simon Namesho, sal die nuwe maatskappy kommersiële werksaamhede toepas sodat die gebruik van die universiteit se bates die finansiering van toekomsprojekte sal verseker.
“Aangesien daar 'n gaping tussen kennisuitsette en die verbruik van daardie kennis in die private sektor is, sal die maatskappy hierdie gaping in vennootskap met die bedryf oorbrug sodat die universiteit kan voortgaan om op onderrig, navorsing en diens te fokus.
“Daarbenewens sal die maatskappy op die lange duur, wanneer hy ten volle werksaam is, sy afhanklikheid van staats- en studenteinkomste verminder, wat tans onder geweldige druk is,” brei hy uit.
FINANSIERING
Die aanvanklike finansiering van Inceptus kom van die universiteit af in die vorm van 'n aandeelhouerslening, sê Namesho.
Volgens hom sal bykomende fondse uit die finansiële markte afkomstig wees, gebaseer op lewensvatbare sakegeleenthede.
“Aangesien Inceptus 'n privaat entiteit is, word studente op geen manier deur die operasie geraak nie.
“Op die lang termyn sal dit internskapgeleenthede en studentebeurse moontlik maak,” sê hy.
Unam het 'n omvangryke studie gedoen wat die kommersiële geleenthede identifiseer wat onmiddellik benut kan word, asook dié wat op die middel en lang termyn benut kan word, sê Namesho.
Verskeie sakegeleenthede is deur 'n studie geïdentifiseer, wat wissel van landbou, eiendomsdienste, dienslewering en tegnologie-ontwikkeling.
Sommige hiervan sal in vennootskap of gesamentlike ondernemings met plaaslike en internasionale beleggers wees.
Wanneer Inceptus se raad oortuig is van 'n lewensvatbare projek, sal dit geïmplementeer word, sê Namesho.
SEWE MENSE IN RAAD
Inceptus se raad is verantwoordelik vir die generering van wins.
Aandeelhouers kan enige lid van die raad ontslaan indien hulle hul pligte versuim, sê hy.
Die raad bestaan uit sewe mense waarvan vier uit die bedryf kom.
Dít om seker te maak die maatskappy word as 'n privaat kommersiële entiteit bedryf.
Die nuwe maatskappy is deel van Unam se strategie om homself in 'n universiteit van navorsing en innovasie te omskep. Daarvoor is meer finansiering nodig en Inceptus sal daarvoor verantwoordelik wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie