Unam dagvaar adjunkminister

Ooreenkoms vir studies nie nagekom

17 February 2021 | Onderwys
Henriette Lamprecht – Die Universiteit van Namibië (Unam) dagvaar die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste vir duisende dollar nadat sy glo nie 'n ooreenkoms vir verdere studies nagekom het nie.

Unam eis N$840 987 van dr. Esther Muinjangue vir deeltydse studies vir haar doktorsgraad in maatskaplike werk vanaf 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2017 en weer vir voltydse studies aan die Universiteit Stellenbosch (US) vanaf 1 Januarie 2017 tot 31 Desember 2017. Muinjangue was tydens dié tydperk as dosent in diens van die universiteit.

Muinjangue sê egter in hofdokumente die saak kan as prosedure vir 'n interne dispuut deur die universiteit uitgeklaar word. Volgens haar is die bedrag eerder N$752 163.

Volgens hofdokumente was Muinjangue in diens van Unam as 'n dosent in die departement van maatskaplike dienste in die fakulteit van geestes- en maatskaplike wetenskappe. Sy het in Desember 2013 aansoek by die universiteit vir personeelontwikkelingstatus gedoen, wat aan haar toegeken is.

'n Memorandum van ooreenkoms tussen Muinjangue en Unam is onderteken wat volgens hofdokumente aan die universiteit se personeelontwikkelingsbeleid en -prosedures onderhewig was.

Hiervolgens sou die adjunkminister deeltyds aan die Universiteit van Suid-Afrika en voltyds aan die US vir haar doktorsgraad studeer. Unam het onderneem om Muinjangue steeds 100% tydens haar studies te vergoed.

Met die voltooiing van haar studies moes sy as dosent na Unam terugkeer. Sou sy nie na Unam terugkeer nie, is sy verantwoordelik vir “alle finansiële ondersteuning” wat sy tydens haar studies vir die betrokke tydperk ontvang het. Met die voltooiing van haar studieprogram moes Muinjangue volgens die ooreenkoms vir 'n jaar by die universiteit werk.

In September 2017 het Muinjangue weer 'n memorandum van ooreenkoms vir verdere studies met Unam aangegaan, die keer om voltyds aan US te studeer. Die universiteit het in die ooreenkoms onderneem om Muinjangue tydens die eerste studiejaar met 100%, die tweede jaar met 75% en die derde jaar en verder met 50% te vergoed. Met voltooiing van haar studies moes sy terugkeer na haar pos as dosent vir 'n tydperk van twee jaar.

Sou sy nie na die universiteit met die suksesvolle voltooiing van haar studies terugkeer nie, moes sy alle finansiële ondersteuning deur Unam in die studietydperk terugbetaal. Sou sy bedank voor die verpligte twee jaar verby is, moet sy ook die volle bedrag terugbetaal.

Unam sê in hofdokumente Muinjangue het nie haar studies tydens die ooreengekome tydperk en ook glad nie voltooi nie. Sy het ook as dosent bedank voordat sy die verpligte twee jaar soos deel van die ooreenkoms voltooi het. Unam vra ook dat die adjunkminister die hofkoste moet dra.

Die saak is tot 23 Februarie uitgestel. Die betrokke partye moet die skikkingsooreenkoms en/of statusverslag voor môre by die hof indien.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...