UITSLAG: Falcon laat United sweet

29 April 2021 | Sport
Andrew Poolman – Die onmiddellike verskil wat FNB Reho Falcon se aanwins van vier ervare spelers uit die SWD Arende maak, was duidelik te bespeur in hul wegwedstryd vanaand teen die huidige titelhouer in die NRU premierliga, Trusco United.
Op Gemsbokpark het die Filistyne se eerste span met ’n enkele punt gewen, 22-21.
United was rustyd reeds met 22-0 voor, te danke aan drieë deur regtervleuel Darryl Vries, losskakel Hanreco van Zyl en die buitesenter en nuut aangewese kaptein, Henry Kandjou.
United se linkervleuel Nazume Swartz (doelskop) en binnesenter Denzo Bruwer (doelskop en strafdoel) het punte vanaf die skopringetjie bygevoeg.
Reho Falcon het egter met ’n verbete terugvegpoging óók drie drieë gedruk en het verhinder dat die blou truie enigiets kon byvoeg.
Die frisgeboude SWD Arende-flank Freginald Africa het ’n drie gedruk, terwyl sy maat, die senter Leegan Moos,met drie doelskoppe geslaag het. Skrumskakel Miquel Busch en buitesenter Anthony Brandt was Reho Falcon se ander driedrukkers.
Met nóg twee spelers van SWD wat binnekort aansluit – ’n senter en stut – sal Falcon klaarblyklik selfs meer kompeterend raak, nadat die klub in onlangse seisoene erg gesukkel het.
“Ons eerste helfte was goed, maar ek dink ons het seker fokus verloor en gereken ons is oor hulle,” het United se afrigter Winmar Rust agterna gesê.
“Die SWD-manne maak beslis ’n verskil. Reho Falcon het goed vir die losballe meegeding en hul baldraers het ook moeite gekos om op die grond te kry.
“United is nog bietjie geroes ... ons het mos nog nie ’n volle 80 minute gespeel nie (nadat hul enigste vorige wedstryd twee naweke gelede teen FNB Unam voortydig stopgesit is), maar ek glo ons het baie lesse geleer. Ons vat die wen en maak reg vir ons volgende (tuis)wedstryd, teen Grootfontein (op 8 Mei).”
Volgens Rust was daar nie juis omstrede voorvalle nie. Falcon se SWD-slot Arden Wesso het ’n geel kaart gekry nadat hy aan ’n opponent gestamp het, terwyl United se vleuel Nazume Swartz tien minute in die koelkas moes deurbring toe beslis is dat sy byna-onderskeppoging ’n doelbewuste aanslaan was.
Reho Falcon se volgende wedstryd is ook op 8 Mei, wanneer FNB Unam op Rehoboth besoek aflê.

FOTO:
Reho Falcon se hoofafrigter, Ronaldo Pedro. Foto Andrew Poolman

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

10 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

10 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

10 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

10 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

10 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

10 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...