Uis vergaan van dors
Uis vergaan van dors

Uis vergaan van dors

Des Erasmus
Des Erasmus - Inwoners van Uis was gister 'n tiende dag sonder 'n druppel water.

Die situasie het nou so versleg dat veral van die dorp se senior inwoners dit oorweeg om op te pak en te trek. Van die restaurante wat die sterk toeristestroom bedien, maak nog net oop wanneer toerbusse daar stilhou.

Die bietjie water wat wel op onbepaalde tye deur 'n tenkvragmotor met 'n kapasiteit van 10 000 liter vanaf Achinab in die Ugabrivier aangery word, word by sewe tenks ingepomp. Vyf van die tenks bedien die tradisionele woongebied, bekend as die bodorp, en nog twee die onderdorp, die meer moderne toerismevesting op die drumpel van Damaraland en die Namib. Maar die tenkvragmotor en die sewe tenks kan nie naastenby genoeg water vir al die mense verskaf nie.

Die ondraaglike situasie het onder inwoners tot bewerings van wanbestuur op die gebied van waterlewering gelei. Wanneer water wel in die tenks beskikbaar is, moet mense hul eie houers kom vul - houers wat te swaar is vir bejaardes om self te dra. Inwoners beweer ook die onmoontlike situasie duur nou al langer as 'n jaar sonder 'n duidelike plan om die krisis op te los. Selfs as dit sou reën, kan dit volgens inwoners tot drie of meer maande duur voor die water die dorp se verswakte infrastruktuur bereik.

Mnr. Basil Calitz, eienaar van die bekende Brandberg Ruskamp, het gister aan Republikein gesê die dorp se probleem is veel groter as wat dit op die oog af lyk. Volgens hom kan Uis se infrastruktuur 'n dorp van tussen 500 en 1 000 mense bedien. “Maar daar is 'n geskatte 3 000 mense wat hier bly.” Selfs al kom daar 'n oplossing vir die waternood, kan dit volgens hom maande en selfs jare duur voor dinge beter gaan. By Brandberg Ruskamp beskik Calitz oor sy eie boorgat.

Me. Elsa Maye, 'n senior burger van Uis, het gister aan Republikein bevestig dat dit die tiende dag sonder 'n druppel water in haar krane is. “Ek is gevra om te praat - waarskynlik omdat ek die grootste bek het,” het sy gesê.

Maye beweer amptenare van die dorpsraad het ook nie meer raad met die situasie nie. “Kom jy by die raadskantore brand die ligte, maar daar is nie mense nie. Kry jy wel iemand om oor watersake mee te praat, het so 'n amptenaar ook nie meer raad nie. 'n Verwyt is wel al gehoor dat die mense van Uis hulle aan water vergryp wanneer daar wel 'n toevoer is.”

By Nai-Nais in die Omarururivier, 'n tradisionele waterbron van Uis, is glo op 'n plek met water afgekom. Dit kan na raming tot drie maande kos voor die water Uis bereik. “Intussen kry ons nog elke maand 'n basiese rekening vir die gebruik van 8 m3 water,” sê Maye.

“Toe ek vanoggend die kraan oopdraai, was daar steeds nie 'n druppel nie. Die kraan het nie eens die poefgeluid van 'n pofadder gemaak nie.”

Na bewering staan al sewe die bo- en onderdorp se tenks leeg en het die tenkvrag­motor 'n pap wiel. Een van die wiele het glo in 'n rioolput beland en swaar toerusting moes gebruik word om dit weer uit te kry. Dié storie se stertjie is dat die tenk­vragmotor 'n vrag water vir 'n swembad gebring het en dat 'n geldjie daarvoor betrokke was.

Maye het verduidelik hoe sy water gebruik. 'n Emmer water word eers gebruik om haar hare, kop en lyf te was. As dit daarna nog skoon genoeg is, word dit vir die wasgoed ingespan. Ná die wasgoed word dit dan gebruik om die vloere te was of die toilet te spoel.

Maye en haar man, mnr. Günther Maye, bly in die onderdorp. Mense wat dit kan bekostig, het tenks aangeskaf waarin water opgegaar kan word wanneer 'n bietjie be­skikbaar is. Almal is nie so bevoorreg nie, sê sy. “Ons is nie meer so jonk nie en my man het net die gebruik van een van sy bene. Ek sit weer met 'n rugbesering. Dis vir ons moeilik om 'n 25 liter-kan te dra wanneer daar wel by 'n tenk getap kan word.”

Volgens Maye mag openbare toilette op die dorp nie meer gebruik word nie.

“Baie mense oorweeg dit om te trek. Ons weet nog hoe om in die veld te bly en klaar te kom.”

Die watertekort het meegebring dat baie mense vir waterverwarming na die ou gebruik van 'n waterdonkie teruggekeer het. 'n Waterdonkie is 'n kontrepsie waaronder vuur gemaak word en die water word dan vir huishoudelike gebruik deurgevoer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026