Tweejarige sterf in ongeluk

07 August 2019 | Ongelukke
’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk omstreeks 06:00 plaasgevind.

“Die bestuurder van ’n rooi bakkie met agt insittendes het beheer om ’n draai verloor waarná dit omgeslaan het. Die beseerdes is na die Usakos-staatshospitaal vir mediese behandeling,” sê die polisie.

’n Tweejarige seuntjie wat deur sy ma, me. Maria Hunibes (29), op haar rug geabba is, het wonderbaarlik oorleef toe sy Saterdag op die Otjiwarongo-Otavi-pad deur ’n vragmotor doodgery is.

“Die ongeluk het omstreeks 23:00 naby die vliegveld voor die Otjiwarongo-padblokkade gebeur. Die seuntjie het oorleef, maar is in ’n kritieke toestand,” sê die polisie.

’n Vyftigjarige man wat Sondag glo twee ongelukke in die hoofstad veroorsaak het, het aan sy beserings beswyk.

Hy het omstreeks 14:26 glo by die kruising van Florence Nightingale- en Ranogelstraat in Khomasdal met sy bakkie teen die agterkant van ’n taxi gebots en weggejaag.

“Hy het na bewering beheer oor sy voertuig verloor toe hy weggejaag het en het daarná naby die kruising van Moseas Garoeb- en Begoniastraat van voor af met ’n sedan gebots,” sê die polisie.

Volgens Nampa is ses ander mense beseer.

In Andrew Kloppersstraat in Khomasdal het ’n man Vrydag omstreeks 21:00 glo beheer oor sy bakkie verloor en teen ’n staalversperring gebots.

“Die versperring het die voorruit gebreek en die passasier se gesig vergruis. Die slagoffer, wat nog nie geïdentifiseer is nie, is in ’n kritieke toestand in die Katutura-staatshospitaal opgeneem,” sê die polisie.

“Die bestuurder was onder die invloed van alkohol en is in hegtenis geneem.”

Op die pad tussen Oshivelo en Omuthiya is ’n 23-jarige man van die Ohandoni-nedersetting, mnr. Lukas Nande, Saterdag na wat verneem word deur die bestuurder van ’n bakkie doodgery.

“Die bestuurder was alleen in die bakkie en is nie beseer nie,” sê die polisie.

Ook in die Noorde het die bestuurder van ’n wit bakkie Vrydag omstreeks 20:20 naby die Bunya-nedersetting naby Kahenge in die Kavango-Wesstreek ’n bees gestamp.

Volgens die polisie was die bestuurder die enigste insittende in die bakkie wat deur die bees beskadig is.

Soortgelyk

 

Nóg een sterf, meer gevalle in Windhoek

8 ure gelede | Gesondheid

HoofredaksieBuiten 'n styging in die getal mense in Windhoek wat positief getoets het vir Covid-19, is daar ook al meer mense wat die virussiekte opdoen...

Kusdorpe soek hul vryheid

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai Sowat 350 inwoners van Walvisbaai en Swakopmund het Saterdag naby Langstrand aan ’n onwettige optog teen die Covid-19-inperking in die Erongostreek...

Privaatskole dra miljarde by tot onderwys

8 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Privaatskole in Namibië het die afgelope 18 jaar die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se begroting N$833 miljoen jaarliks gespaar. Dit...

Daniele Ferrari in Katolieke tradisie gegroet

8 ure gelede | Mense

Jeanette Diergaardt – Mense van verskillende ras- en taalgroepe het Vrydagmiddag by 'n roudiens in die St. Mary's-katedraal in Windhoek se middestad saam met die...

Weer vir 27 Augustus 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre noordelike streke, maar sonnig en matig tot warm elders in die land. Die wind sal matig tot...

'Hofpligte sal ek deurvoer'

8 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Mnr. Johannes Stefansson, die Yslander wat 'n hoofrol gespeel het om korrupsie in die Namibiese visserybedryf oop te vlek, sê hy sal...

Party hou introspeksie

8 ure gelede | Politiek

Augetto Graig – Die heersende Swapo-party het die naweek teruggekyk na die 2019 nasionale verkiesing en selfondersoek gedoen om die pad vorentoe te kan uitstip....

'n Passie vir rekeningkunde én letterkunde

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDie Namibiese boorling Constant van Graan is 'n man van vele talente. Nie net is hy 'n senior lektor in forensiese...

Lesersfoto's 27 Julie 2020

8 ure gelede | Lesersfoto's

Dors: Olaf en Claudia Bücking was in die Kgalagadi-oorgrenspark waar hulle die foto geneem het. Hallo daar: Bjorn Basler het die foto van die Alpaca...