Tweede vloed in vol Oranje op pad
Ronelle Rademeyer - Die eerste groot vloed in die Oranjerivier het pas die see bereik, met die tweede een wat teen die naweek verwag word.
Foto’s in die sosiale media het gister getoon hoe breed en vol die rivier is waar dit by Oranjemund in die Atlantiese oseaan loop.
Die Paaieowerheid (RA) was genoodsaak om die gruispad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr tydelik te sluit aangesien water uit die vol Oranjerivier op plekke oor die pad gestroom het. Namibiërs word versoek om die RA se Facebookblad dop te hou vir inligting oor die heropening van hierdie roete.
By Noordoewer en Aussenkehr het oewerboere reeds verlede week begin om waterpompe na hoërliggende gebiede te verskuif. Op plekke is keerwalle gemaak om te verhoed dat water strukturele skade aan landerye veroorsaak.
Mnr. Clint Chalmers, operasionele bestuurder van Felix Unite by Noordoewer, sê dié lodge het nie enige vloedskade gehad nie, maar die kampeerterrein van Amanzi River Trails, wat net langsaan geleë is, “is heeltemal onder water”.
Intussen blyk dit die tweede vloedgolf in die Benede-Oranjerivier is reeds by Prieska verby en sal oewernedersettings in Namibië teen die naweek bereik.
“As die riviervlak 20 cm hoër was, sou dit deur die restaurant en van die rondawels gevloed het,” sê Chalmers.
Hy sê die rivier is die hoogste sedert 2011, maar het nog nie die rekordvlak van daardie jaar bereik nie. “Toe was al die rondawels wat laag geleë is, onder water.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie