Tweede Kongokoors-sterfte vanjaar

Pasop vir bosluise

11 August 2017 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - 'n Man van die Omusatistreek is Woensdag in die sentrale hospitaal in Windhoek aan Kongokoors dood. Die 63-jarige man is Maandag in die hospitaal se isolasie-eenheid opgeneem. Hy is op Vrydag 4 Augustus in 'n private hospitaal met simptome van kopseer, lyfseer, naarheid en braking opgeneem.

Volgens die waarnemende sekretaris van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is die oorledene meer as 'n week gelede deur 'n bosluis gebyt.

Me. Bertha Katjivena het tydens 'n mediakonferensie in Windhoek gesê die oorledene het op 1 Augustus van die Uukwandongo-nedersetting in die Okahao-distrik af vir 'n geleentheid na die hoofstad gereis.

"Bloedtoetse wat na Suid-Afrika gestuur is, het bevestig dat hy Kongokoors gehad het," het Katjivena gesê.

Volgens Katjivena is beamptes van die ministerie in samewerking met ander lynministeries, waaronder die ministerie van landbou se veeartsenydienste, besig met ondersoeke in die distrik in die Omusatistreek vanwaar die oorledene afkomstig is.

"'n Aktiewe gevallestudie duur voort en die inwoners van die nedersetting word daagliks noukeurig gemonitor."

Sy het voorts beklemtoon alle persone wat in kontak met die oorledene was, is deel van dié daaglikse proses.

Tans is drie mense wat in nabye kontak met die oorledene was vir waarneming in Windhoek se sentrale hospitaal se isolasie-eenheid opgeneem.

Dr. Charles Sagoe-Moses, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verteenwoordiger in Namibië, het verseker "al die nodige stappe word geneem om die geval te beheer en te verhoed dat dit verder versprei".

"Die verlede het ons geleer en bewys ons het die nodige roetines en maatreëls en is toegerus om dit te hanteer," het Sagoe-Moses gesê.

Iemand met Kongokoors het onder meer 'n skielike hoë koors, kopseer, rugpyn, pyn in sy of haar ledemate, 'n stywe nek en 'n veluitslag. Die man was ook in kontak met 'n iemand met soortgelyke simptome of diere wat met bosluise besmet of deur 'n bosluis gebyt is.

Kongokoors kan deur bosluisbyte of die hantering van bosluise met kaal hande oorgedra word. Dieselfde geld vir direkte kontak met besmette dierebloed en -organe, insluitend die slag van diere met bosluise, die hanteer van besmette linne en klere, liggaamsvloeistowwe van 'n persoon wat met die siekte besmet is, asook die liggaam van 'n persoon wat aan die siekte gesterf het.

Soortgelyk

 

Haufiku ontken uitbetaling van N$1 miljard

19 ure gelede | Gesondheid

Berigte dat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku N$1 miljard aan ongeregistreerde verskaffers betaal het wat ook nie geregistreer was om...

Naam van man bekend wat in ongeluk sterf

1 dag gelede | Ongelukke

Die 41-jarige man wat Donderdag in ’n ongeluk op die Outjo-Otavi-grondpad gesterf het, is as Smit de Wet Louw identifiseer. Die kop-teen-kop-botsing wat sy lewe...

Khomasstreek oor grondeienaarskap

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - “Buitelanders se plase moet outomaties onteien word en boere moet tot 50% eienaarskap van hul plase aan plaaswerkers afstaan ten einde grondhervorming...

Windhoek 'in gróót moeilikheid'

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Terwyl die verbruiker voortaan tot 300% meer vir sekere dienste moet opdok, het die stadsvaders van die Windhoekse munisipaliteit (CoW) pas ’n...

Weer vir 20 Julie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Zambezi-, Kavango- en oostelike streek. Elders sal dit sonnig en matig tot warm wees. Dit sal...

Reho se /Uirab ‘in die pad gesteek’

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het agt maande van sy termyn tuis deurgebring./Uirab, wie se laaste werksdag vandag is,...

Kalender 13 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te...

Siba sprankel by ekspo

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander...

Kortbroektreffers uit Rocco se pen

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse...