Twee van sportkommissie vas oor bedrog
Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) het Dinsdag twee mense in hegtenis geneem op klagte van bedrog van nagenoeg N$4,9 miljoen wat tussen 2011 en vanjaar by die Namibië Sportkommissie (NSC) gepleeg is.
Mnr. Nelius Becker, hoof van ondersoeke en vervolging by die ACC, het die inhegtenisnemings by navraag bevestig.
Volgens hom is een van die beskuldigdes ‘n voormalige werknemer van die sportkommissie, terwyl die ander een tot einde Julie daar werksaam sal wees.
Hy sê hulle name kan nie bekend gemaak word nie, aangesien hulle nog nie in die hof verskyn het nie.
Becker sê dit het aan die lig gekom dat die twee verdagtes tjeks aan verskeie sportliggame uitgeskryf het, meestal tot die maksimum toelaatbare bedrag van N$100 000, sonder dat die geld ooit dié liggame bereik het.
Dokumentasie kon nie gevind word wat toon waarvoor die geld andersins aangewend is nie.
Nader inligting oor die beweerde bedrog en die twee se werkwyse kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie