Twee stropers dood, een gewond
Francoise Steynberg - Twee stropers is Woensdag in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet en een gewond.
Dié bevestiging kom van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, wat tans in Namibiese nasionale parke saam met teenstropery eenhede patrolleer. Die ministerie se nuwe Airbus-helikopter H125 word ook ingespan.
"Woensdag tussen 11:00 en 12:00 is twee stropers doodgeskiet. Twee is in hegtenis geneem, waarvan een ernstig gewond is," het Shifeta gesê.
"Gevaarlike wapens soos AK 47's is beslag op geneem, asook baie ammunisie."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie