Twee sterftes, 139 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftes staan nou op 559 nadat nog twee - een elk op onderskeidelik Swakopmund en Windhoek - aangeteken is. Vandag is 139 nuwe gevalle aangemeld waarvan 14 leerlinge, vier studente, drie onderwysers en drie gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 140 waarvan 108 in die hospitaal en 27 in die ICU is. Tot op hede het 43 483 mense herstel. Nog 72 mense is teen Covid-19 ingeënt wat die totaal op 2 598 vir Khomas en Erongo te staan bring.
Tans word 4 167 mense gemonitor en 1 384 is in kwarantyn.
Tans word 4 167 mense gemonitor en 1 384 is in kwarantyn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie