Twee sterf in ongeluk naby Onyaanya
Twee mense het met hul aankoms by die Onandjokwe Lutherse Hospitaal aan hul ernstige ongelukbeserings beswyk.
Die ongeluk het Vrydag omstreeks 10:30 tussen naby Onyaanya op die hoofpad tussen Omuthiya-Ondangwa gebeur, het hoofinsp. Edna Nawa van die Namibiese polisie in die Oshikotostreek Saterdag gesê.
Twee bakkies was in 'n trompop botsing.
"Die bestuurder van 'n NamPost-bakkie, die 37- jarige mnr. Matias Uulumbu, was alleen in die voertuig, terwyl die bestuurder van die ander bakkie ernstig beseer is. Hy het een passasier, mnr. Thomas Mbaire (33) gehad."
Uulumbu en Mbaire is die oorledenes.
Hul naasbestaandes is ingelig en die polisieondersoek duur voort. - Nampa
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie