Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof
Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

Francoise Steynberg
Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.

Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild ('n renoster) en geldwassery verskyn.

Hulle bly in aanhouding. Landdros Eden Iyambo het hul saak tot 15 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Die twee beskuldigdes is deel van die agt verdagtes wat verlede week in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary in hegtenis geneem is.

Vier verdagtes is op Otjiwarongo vasgetrek en vier in Windhoek, onder meer die bekende pastoor Jackson Babi (30) wat vanoggend in die Windhoek-landdroshof verskyn het. Hy en sy 25-jarige medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni, bly ook in aanhouding. Hulle sal Woensdag vir borgtog aansoek doen.

Mnr. Marchell Hoeb het aangekla. Die beskuldigdes het sonder regsverteenwoordiging verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!