Twee raadslede sterf op een dag
Twee politieke ampsdraers het binne ure ná mekaar omgekom.
Denver Kisting – Toe mnr. Samson Nghilumbwa (35), ’n Walvisbaaise raadslid gisteroggend dood is, was hy steeds in die visier van die Teenkorrupsiekommissie (ACC).
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gesê Nghilumbwa het omstreeks 05:40 in ’n motorongeluk tussen Swakopmund en Arandis gesterf.
Sy sê dié raadslid het vermoedelik beheer oor sy sedan verloor waarná dit teen ’n aankomende vragmotor gebots het.
Shikwambi sê Nghilumbwa is op die toneel dood.
Die 29-jarige bestuurder van die vragmotor is ongedeerd, sê sy.
Intussen het mnr. Paulus Noa, die direkteur-generaal van die ACC, bevestig dié liggaam was steeds besig met sy ondersoek na beweerde korrupsie.
Nghilumba het verlede jaar opslae gemaak toe beweringe aan die lig gekom het dat hy glo ’n kredietkaart van die munisipaliteit misbruik het.
Noa het gister gesê omdat die ondersoek steeds nie afgehandel is nie, is die dossier nog nie aan die kantoor van die aanklaer-generaal vir ’n beslissing voorgelê nie.
Nghilumbwa is verlede jaar van sy pligte as voorsitter van die raad se bestuurskomitee onthef.
Ten tyde van sy dood gister was hy steeds ’n bestuurskomiteelid.
Hy was ook ’n lid van die Swapo-jeugliga.
Mnr. Ephraim Nekongo, die jeugliga se sekretaris-generaal, het gesê hul harte is stukkend oor Nghilumbwa se dood.
Nog ’n raadslid sterf
Intussen het me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van die Nasionale Raad (NR), gister hulde aan mnr. Lotto Kuushomwa (59) gebring.
Dié raadslid van die Oshakati-Oos-kiesafdeling is gisteroggend in Windhoek oorlede.
Volgens Mensah-Williams laat Kuushomwa ’n nalatenskap as wetmaker, raadslid en vryheidsvegter agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie