Twee pasgeborenes, 2 dae, 2 rivierlope
Twee pasgebore babas is 'n dag uit mekaar na bewering deur hul ma's weggegooi, en een het oorleef.
Ronelle Rademeyer - 'n Pasgebore babameisie wat gisteroggend deur 'n tuinier lewend in 'n rivierloop langs Otjozondjoustraat in Cimbebasia, Windhoek, gevind is, het na bewering gesterf terwyl daar op die toneel op hulp gewag is.
Sy was nie so gelukkig soos die meisie wat Sondag omstreeks 18:00 in 'n rivierloop by Salt Springstraat in Green Matongo gekry is nie, en nou in die Katutura-staatshospitaal aansterk nie.
Mnr. Michael Levi, die tuinier, het gisteroggend met sy werkgewer se honde gaan stap toe hulle hom al snuffelend na die baba gelei het.
Sy was in drie plastieksakke versteek.
Volgens Levi het sy beweeg toe hy haar opgetel het.
Hy het munisipale werkers wat daar naby aan die werk was, na die toneel geroep en hulle het die polisie ontbied.
Levi het die honde teruggeneem na die huis waar hy werk, en
weer na die toneel teruggekeer.
Hy sê toe die Namibiese polisie (Nampol) en stadspolisie opdaag, het die meisie nie meer geleef nie.
Volgens Nampol se misdaadverslag van die afgelope naweek is die baba wat in Greenwell Matongo gevind is na die Katutura-staatshospitaal geneem en haar toestand is bestendig.
Sy is gevind toe verbygangers 'n baba hoor huil het.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, Nampol se woordvoerder, kon die voorval teen druktyd nog nie bevestig nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie