Twee Namibiërs in SA hof oor diamante
Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn.
Mnr. Mesias Anweenye (46) en sy medebeskuldigde, mnr. Demetrius Ngenokesho (53), se saak is tot 27 Mei uitgestel en hulle bly in aanhouding.
Die twee is Vrydagaand in Bellville in verband met die onwettige besit van die diamante ter waarde van N$1,5 miljoen in hegtenis geneem.
Dit volg ná die polisie motoriste in Voortrekkerstraat in dié Kaapse woonbuurt gestop en deursoek het.
“Die mans is ondervra en hulle het senuweeagtig voorgekom. Dit het die polisielede genoop om hulle te deursoek, waarna twee klein sakkies by hulle gevind is,” het kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.
Die twee beskuldigdes het regsverteenwoordiging.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie