Twee meisies die naweek verkrag
Meer as N$80 000 se kontant en items is tydens gewapende rooftogte gebuit.
Tanja Bause – ’n Agtienjarige meisie is Saterdag glo deur twee mans (21 en 37) in haar huis verkrag.
Volgens die Namibiese polisie se verslag het die mans haar van ’n kroeg af huis toe vergesel en haar toe verkrag.
Die voorval het glo om 03:00 op Karibib plaasgevind.
Beide mans is in hegtenis geneem.
’n Man (19) het Vrydag glo ’n 12-jarige meisie in haar kamer by Epukiro verkrag.
Volgens die polisie het sy geslaap toe hy om 21:00 haar kamer binnegegaan en haar verkrag het. Die meisie het na wat verneem word gegil en die man het op die vlug geslaan.
Die meisie het haar tannie toe van die voorval vertel, wat die polisie ontbied het.
Die man is steeds op vrye voet.
Ongelukke
Die bestuurder (55) van ’n bakkie het Saterdag om 18:30 na bewering beheer oor sy voertuig op die grondpad tussen Rehoboth en Klein Aub verloor, waarna die voertuig omgeslaan het. Die bestuurder het op die toneel gesterf en twee passasiers, onderskeidelik 44 en 28 jaar oud, is lig beseer.
Die 50-jarige bestuurder van ’n sedanvoertuig het Saterdag om 22:50 na bewering ’n voetganger op die hoofpad tussen Olukonda en Onethindi doodgery.
Mnr. Erastus Elunda (21) het op die toneel gesterf.
Die polisieondersoek duur voort.
Diefstal
Twee mans, van onderskeidelik 28 en 40 jaar oud, het ’n lid van die publiek Vrydag om 20:00 glo met ’n wapen gedreig en N$8 500 se kontant en ‘n skootrekenaar gesteel.
Die voorval het by die Ndiyonda China-winkel in die Kavango-Oosstreek plaasgevind. Die mans is in hegtenis geneem.
Onbekende gewapende mans het Vrydag om 23:45 na wat verneem word by ’n huis in Rehashstraat in Wanaheda, in Katutura, ingebreek.
Volgens die polisie het hulle ’n rooi Volkswagen Polo Classic, ’n televisie, skootrekenaar en selfoon ter waarde van N$73 900 gesteel.
Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die gesteelde items is nog nie verhaal nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie