Twee mans verkrag 15-jarige glo
Twee mans het Sondag ’n 15-jarige meisie op Maltahöhe na bewering verkrag.
Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval tussen 16:30 en 18:00 in die Vaalkamp-blikkiesdorp op dié Suidedorp plaasgevind.
“Die twee mans (34 en 30) het die meisie glo na hul huis genooi en verkrag. Albei is in hegtenis geneem,” lui die verslag.
’n Bejaarde vrou (67) is Vrydagaand by die Olupito-nedersetting naby Okalongo glo deur een van drie mans verkrag ná hulle haar met ’n mes aangehou en van kontant beroof het.
Volgens die polisie het die voorval omstreeks 23:30 plaasgevind.
“Drie onbekende mans het die vrou se kamer na bewering binnegegaan, haar wakker gemaak en haar pensioengeld geëis. Hulle het haar glo met ’n mes aangehou en van N$800 beroof,” sê die polisie.
“Een van die verdagtes het haar glo verkrag en die drie het op die vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie en die kontant is nie verhaal nie.”
’n Twintigjarige man is Saterdagaand na wat verneem word deur sy onderwyser in die Oshana-lokasie in die Othimbika-nedersetting in die Onayena-omgewing verkrag.
“Die onderwyser het die man glo na sy kroeg genooi, vir hom ’n bier gekoop en hom later in sy slaapkamer by sy kroeg verkrag,” sê die polisie.
Die verdagte is nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
Op Ondangwa is ’n 20-jarige vrou glo Vrydagaand tussen 20:00 en 22:00 deur ’n 30-jarige man verkrag, wat in dieselfde woonstelle as sy bly.
“Die verdagte het glo knap voor slapenstyd na die slagoffer se slaapkamer gegaan, haar met die dood gedreig as sy sou skree en haar verkrag,” sê die polisie.
Die verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie