Twee lodges brand af

'n Jagterslodge in sentraal-Namibië en 'n gemeenskaplodge in die Zambezi het sowat 36 uur uit mekaar afgebrand.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg

Die lodge op die jagplaas ­Portsmut Game sowat 100 km buite Windhoek in die Khomas Hochland, is Dinsdagnag binne 20 minute in puin gelê terwyl ’n gemeenskapslodge by Ngoma suidoos van Katima Mulilo ook afgebrand het.
Portsmut Game behoort aan mnr. Quinton van Rooyen, besturende direkteur van Trustco Holdings. Hy was nie op die plaas toe dit gebeur het nie, maar het die voorval bevestig.
Volgens me. Rozanne Janse van Rensburg het die lodge binne 20 minute afgebrand. Sy en haar man, mnr. Janse Janse van Rensburg, bestuur die jagplaas en lodge vir Van Rooyen.
Sy sê daar was vyf jagters uit Amerika en Duitsland, asook twee Namibiese beroepsjagters die nag in die lodge tuis.
“Een van die gaste (’n vrou) het kort voor halfeen wakker geskrik toe sy rook ruik. Hulle het in ’n kamer by die stoep geslaap en toe sy by die venster uitkyk, het sy net vlamme gesien.
“Sy het dadelik die ander mense in die lodge gaan wakker maak,” vertel Janse van Rensburg.
Sy sê net die gaste was in daardie stadium in die lodge, want die personeel woon elders.
Volgens haar het die gaste gelukkig genoeg tyd gehad om hul paspoorte en waardevolle items soos jaggewere uit hul kamers te verwyder.
Intussen is die Itenge-gemeen­skapslodge by die Ngoma-grenspos in die Zambezistreek gistermidddag ook deur vlamme verswelg.
Een van die onderwysers by die Primêre Skool Ngoma se huis is ook tot as verbrand, het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
Die brand het na bewering kort voor etenstyd oos van die Ngoma-brug langs die polisiekantoor en landdroshof ontstaan.
“Weens ’n sterk wind het die vlamme oor die brug versprei en die lodge verswelg,” het Muyunda gesê.
“Dit is ’n ramp vir toerisme in hierdie gebied.”
Dit is nog nie bekend wat tot die brand gelei het en wat die skade beloop nie. Niemand is beseer nie.
Janse van Rensburg vertel hulle het Dinsdagnag die drie brandblussers wat vir veldbrandbestryding gebruik word, ingespan om die vlamme by die brandende lodge te probeer blus.
“Die tuinslange in die tuin by die lodge was gesmelt en ons het die fire fighters gebruik, maar die brand het te vinnig versprei.”
’n Voertuig wat naby die lodge geparkeer was, het ook uitgebrand.
Volgens Van Rooyen word die skade op sowat N$10 miljoen geraam.
Hy sê twee moontlikhede word as oorsaak vir die brand ondersoek. Die een is dat ’n kortsluiting plaasgevind het. Die ander een is die gras in die grasdakke van die kompleks het só droog geword dat dit spontaan aan die brand geraak het.
Van Rooyen sê hy weet laasgenoemde teorie klink bisar, maar ’n vermoede is dat sanddeeltjies wat tussen die droë dekriete vasgesit het, die wrywing veroorsaak het. Volgens hom het die wind die dag sterk gewaai.


Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045