Twee kinders verdrink
Twee kinders verdrink

Twee kinders verdrink

Twee kinders het die naweek verdrink en een minderjarige meisie is glo verkrag.

Die negejarige Ndara Vihemba het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag Saterdag omstreeks 15:25 in die Kayengona-nedersetting naby Rundu in die rivier verdrink.

“Hy en sy tannie het by die rivier gaan visvang toe hy verdrink het. Sy liggaam is op dieselfde dag deur polisieduikers gevind,” sê die polisie.

Tuyoleni Wilbard (12) het Saterdag omstreeks 15:30 in ’n waterput in die Oshikweyo-nedersetting naby Ondangwa verdrink.

Hul naasbestaandes is van hul sterftes ingelig.

Nog ’n minderjarige meisie is die slagoffer van verkragting. ’n Twintigjarige man is Saterdag in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

“Hy het ’n 15-jarige meisie in die Oshitishiwa-nedersetting naby Okongo omstreeks 04:00 in haar kamer verkrag,” sê die polisie.

Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer