Twee dood ná motor middeldeur breek
Twee mans het Saterdagoggend in Hosea Kutako-rylaan in die hoofstad gesterf nadat die bestuurder van 'n sedanvoertuig glo beheer verloor en in 'n lamppaal vasgejaag het. Die voertuig het in twee stukke gebreek. 'n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het die ongeluk bevestig en gesê dit word vermoed dat die bestuurder te vinnig gery en beheer oor die voertuig verloor het. Die oorledenes is deur die polisie as die bestuurder, mnre. Lesley Danian Carew (23) van Khomasdal, en passasier Desmond Coetzee (34) van Swakopmund, geïdentifiseer. 'n Ander passasier, die 18-jarige Ciby Leprino, het 'n been verloor. Die polisieondersoek duur voort. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie