Twee dood in taxi-ongeluk
'n Man, wat glo onder die invloed van drank was, het op Walvisbaai in 'n taxi vasgery.
Adolf Kaure
'n Saak van strafbare manslag, dronkbestuur sowel as roekelose en nalatige bestuur is teen 'n 30-jarige man op Walvisbaai aanhangig gemaak, nadat hy glo Sondagoggend onder die invloed van alkohol 'n rooi verkeerslig geïgnoreer het en die dood van twee mense veroorsaak het.
Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het 'n dubbelkajuitbakkie met twee insittendes (insluitend die bestuurder) 'n rooi verkeerslig in Nangolo Mbumbastraat geïgnoreer en teen 'n taxi gebots. Daar was drie insittendes, insluitende die bestuurder, in die taxi.
Twee passasiers in die taxi, mnr. Francisco Pacco (54) en me. Petronella Nyambe (39) is op die toneel dood, terwyl die taxibestuurder, mnr. Daniel Julius (31), lig beseer is.
Die bestuurder van die dubbelkajuitbakkie is in hegtenis geneem en met ligte beserings in die staatshospitaal op Walvisbaai opgeneem waar hy onder polisiebewaking is.
“Sy 31-jarige vroulike passasier is vir skok behandel,” het Iikuyu gesê.
Die oorledenes se naasbestaandes is van hul dood in kennis gestel. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie