Twee bome in die woestyn

29 November 2021 | Gemeenskap
Tanja Bause

Langs die pad tussen Uis en Hentiesbaai staan twee apiesdoringbome by ’n piekniekplek.

Familie en vriende het dié bome op 30 Augustus 2010 geplant ter nagedagtenis aan Altna van der Walt en Nico van Dyk en ter viering van Nico en Alli May se liefdesverhaal.

Nico se tannie, Wilna Rokitta, en sy meisie, Alli, het oorspronklik met die idee vorendag gekom het.

“Nico was ’n toergids en Alli ’n onderwyseres van Engeland wat Namibië saam met ’n paar studente kom besoek het. Nico het hulle die land gewys en hy en Alli het verlief geraak. In 2009 het sy weer vir hom kom kuier en hy het haar ná die vakansie lughawe toe gevat. Hy was op pad terug Uis toe, toe hy sowat 9 kilometer op die Wilhelmstal-pad verongeluk het. Nico het op die toneel gesterf en Altna later in die hospitaal. Nog ’n passasier het oorleef,” het sy gesê.

Alli het die volgende jaar weer Namibië toe gekom; iets wat sy elke jaar gedoen het totdat die Covid-19-pandemie die laaste twee jaar dit nie meer moontlik gemaak het nie. Die jaar ná Nico se dood, het sy en Wilna besluit om die bome te plant.

“Ons het besluit om dit op die plek te plant, omdat Nico op Uis gewoon het. Hy het ook die vulstasie op die dorp bestuur. Altna het op Uis kom aftree. Dus was Uis vir beide hul tuiste en ons wou die bome nader aan hul tuiste plant hoewel hulle by Wilhelmstal verongeluk het.”

Dit was nou wel Wilna en Alli se idee, maar baie Uis-inwoners wat hulle geken het, was by die boom plant betrokke.

“Almal het hand bygesit en nou nog ry almal wat Hentiesbaai toe of terug ry water saam en lei hulle nat. Dit is ongelooflik hoe mense die bome versorg. Ons gaan gereeld en soms vat ons die water weer terug, omdat hulle reeds natgelei is. Mense gee vir die bome bemesting, pak die steen reg en hou die plek skoon. Iemand het ook ’n bakkie onder die bome gesit waarin mense water vir die voëls en klein diere gooi. Ons het die bome Altna en Nico genoem en almal wat hulle geken het en hul storie ken, versorg die bome. Dis ons almal se bome.”

“Altna en Nico sal nog baie skadu bied vir mense wat daar stop en die voëltjies sal in hulle takke neste bou.” – [email protected]

Soortgelyk

 

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

1 uur gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

12 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

12 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

12 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

12 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...