Twee beseer ná ambulans omslaan
Twee insittendes is Woensdag ernstig beseer nadat ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) op die grondpad tussen Omaruru en Uis die pad verlaat en omgeslaan het. Adj. komm. Erastus Ikuyu van die polisie in die Erongostreek sê die ongeluk het Woensdag omstreeks 17:00 plaasgevind, nadat ‘n band van die ambulans gebars en dit sowat 10 km van Uis die pad verlaat en omgeslaan het. Twee verpleegsters is in die staatshospitaal in Omaruru in ‘n stabiele toestand opgeneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie