Twee babaseuntjies doodgebrand; huisbrekers u2019n pes
Twee babaseuntjies doodgebrand; huisbrekers u2019n pes

Twee babaseuntjies doodgebrand; huisbrekers ’n pes

Misdaad
Augetto Graig
Augetto Graig – Die naweek van 18 tot 20 September het volgens die polisie se nuutste misdaadverslag verskeie onnatuurlike lewensverliese opgelewer.
Twee babaseuntjies is doodgebrand en nog een lê die sorg van die Swakopmund staatshospitaal, naamlik die twee maande oue Pehovelo Nghitukuohamba wie se bed Vrydagaand omstreeks negeuur in die Swakopmundse buurt Mondesa aan die brand geslaan het.
• Christof Nghiyalasha was net 16 maande oud toe hy dieselfde Vrydagoggend halfnege ’n pot kookwater in sy ma se kombuis in Omapunda dorpie in Okankolo op homself omgekeer het.
• By die Otjongombe-Aminuis gebied naby Gobabis was Kauarive Komomungondo maar ’n jaar en elf maande oud toe hy Vrydag omstreeks 16:00 doodgebrand het. Na bewering het hy met vuurhoutjies in sy ma se hut gespeel en die gordyne en beddegoed het aan die brand geslaan. Hy het nie die brand oorleef nie.

SELFDOOD
Op Okahandja het die 70-jarige Cornelius Hamaseb homself na bewering vroeg Vrydagoggend doodgeskiet nadat polisiebeamptes hom vanaf die toneel van ’n stropery by Midgard Lodge agtervolg het.
Hy is na ’n kamer in Okajikurandu gevolg, waar hy agter ’n toe deur homself geskiet het terwyl polisiebeamptes met hom probeer redeneer het, volgens die verslag.
• Nog ’n selfdood het voor 07:30 Saterdag in Katutura se Ben Appolusstraat afgespeel, toe me. Donisa Wandi Kausenge se lyk hangend van ’n tou in haar slaapkamer gevind is.

HUISBRAAK, ROOF
Nie minder nie as ses voorvalle van huisbraak is oor die naweek aangemeld.
Op Ondangwa het ’n onbekende boosdoener Vrydag omstreeks 07:00 die diefwering oopgebreek en so die eetkamer se deur oopgemaak om ’n woning leeg te stroop. Meubels, ’n yskas, televisiestel, klere, skoene, beddegoed en twee dubbelbeddens is weggedra.
• Dieselfde Vrydag om 21:00 het ses mans na bewering die elektriese heining van ’n huis in Colombiastraat in Doradopark, Windhoek, geknip, oor die muur geklim en die bewoners met ’n vuurwapen aangehou. Selfone, beursies, kontant en ’n pruik is gesteel.
• Huisbraak en verkragting het Saterdag omstreeks 01:00 in Wanaheda ook tot moord gelei nadat ’n voornemende redder op die slagoffer se gille gereageer het. Die buurman is gevolglik deur die ontsnappende verdagte doodgeskiet.
• Nog ’n huisbraak was om 01:30 in die luukse buurt Ludwigsdorf. Ses mans het na bewering die elektriese heining opgelig, oor die muur gespring en die deur van die woning oopgebreek. Gewapen met messe en ’n kapmes het die aanvallers die inwoners aangehou en met kabels vasgebind. Waardevolle inhoud van die woonstel is in die huisbewoners se dubbelkajuitbakkie gelaai, waarmee hulle vort is. Die voertuig is later langs die Monte Cristopad in Havana gevind.
• Op die plaas Uitspan, sowat 20 km buite Tsumeb, het drie mans Vrydag om 17:35 toegeslaan. Gewapen met ’n pistool het die aanvallers die plaaseienaar en sy vrou met kabels vasgebind en kontant, juwele en ’n geweer in die boer se bakkie gelaai voor hulle daar weg is.
Die bakkie is later verlate op die dorp aan die agterkant van die Otjikoto Sekondêre Skool gevind.
• Op Ongwediva is tussen 15:00 Vrydag en drieuur Saterdagoggend by ’n huis ingebreek. Die eienaar het by sy terugkoms die oopgebreekte agterdeur gevind. Sy televisiestel, mikrogolfoond, klankstelsel, skootrekenaar, rugsak, ’n tas en parfuum is weggedra.
• Twee geweldenaars het ’n slagoffer in die arm geskiet nadat hy ’n rooftog Saterdag omstreeks 18:00 agter Ramatex probeer afweer het.
• In Mondesa is mnr. Raynes Raimanu Bekeur (28) Saterdag tussen 22:00 en 23:00 voor Komilunga Bar met ’n stukkende bottel in die nek doodgesteek, terwyl ’n meisie Vrydag aan by die Enyana Cucashop in Okongo deur haar kêrel met ’n leë bottel ernstig aangerand is.
• In Hochlandpark het vier verdagtes iemand Vrydagmiddag omstreeks vyfuur met ’n vuurwapen beroof.

BABASTORTING
Die misdaadverslag noem ook een geval van die ontdekking van die lykie van ’n babadogtertjie, tussen 8 en 9 maande oud, wie se lykie Vrydag om 08:30 deur ’n munisipale werker op Arandis ontdek is.

DWELMS
’n Twintigjarige man is Vrydag in Wanaheda in besit van dagga betrap.

VERKRAGTINGS
In Mondesa is ’n 23-jarige vrou tussen 05:00 en 06:00 tussen die primêre skole Vrede Rede en Festus Gonteb deur twee mans verkrag, terwyl twee ander haar na bewering platgedruk het.
• In die Eenhana-kiesafdeling by Ohaikedi is ’n 62-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van die verkragting van ’n 17-jarige meisie, nadat die beweerde voorval Saterdag aangemeld is.

ANDER STERFTES
Op Husabmyn is mnr. Set Ngajovikua Kaumbirua (43) Vrydag om 21:00 oorlede nadat hy van asemhalingsprobleme gekla en ineengesak het.
• Mnr. Petrus Nambahu (26) is Saterdag op 12:25 op slag dood nadat hy by Okashopashopa in die Etayi-kiesafdeling beheer oor sy voertuig verloor en verongeluk het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!