Tussenverkiesings: Só lyk die kandidate

Ná Swapo se merkbaar swakker vertoning in 2019 se algemene verkiesing is alle oë op die regerende party se vertoning in die uitslae wat Woensdagnag aangekondig sal word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namibiërs gaan môre stembus toe om vier vakante streekraadsetels te vul.

Die verkiesings is genoodsaak deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se besluit verlede jaar dat alle streekraadlede wat vir die Nasionale Vergadering (NV) gestaan het hul poste moes ontruim.

Buiten vir Gobabis het Swapo in November 2019 harde bene gekou in Walvisbaai se stedelike kiesafdeling, asook in Khomasdal. Die Landless People's Movement (LPM) het Keetmanshoop se stedelike kiesafdeling verower en hierdie nuwe party sal die oorwinning wil opvolg deur ook hierdie streekraadsetel op te raap.

Geen partye het kandidate gestel vir Oshikuku se setel in die Omusati-streeksraad nie. Die onbetwiste setel is in Desember aan mnr. Gabriel Matheus van Swapo toegeken.

Hier volg 'n oorsig van die kandidate in môre se stemstryd.

KHOMASDAL

Angolo Samuel (Swapo)

Mnr. Angolo Samuel (53) is sedert 2012 die regerende party se distrikkoördineerder in Khomasdal. Hy was betrokke by die vestiging van Swapo-strukture in Khomasdal, Otjomuise en die informele nedersettings 7de Laan en 8ste Laan, wat deel is van die kiesafdeling.

Samuel sê sy prioriteite sluit in die verskaffing van krag, grond, riool- en waterdienste aan inwoners in samewerking met die stadsraad. Hy is ook passievol oor jeugontwikkeling, entrepreneurskap, werkskepping en die voorsiening van ontspanningsgeriewe.

Samuel glo die gemeenskap moet saamwerk om dwelm- en alkoholmisbruik te bekamp, terwyl hy ook die verbetering van infrastruktuur soos oplaaisones vir taxi's en die werwing van beleggers sal najaag om die gebied te ontwikkel.

Mara Baumgartner (LPM)

Me. Mara Baumgartner is in 1957 op Okahandja gebore en het in Windhoek grootgeword. Sy was sewe jaar oud toe haar familie gedwing is om uit die Ou Lokasie te verhuis en Khomasdal toe te trek.

Die oudleerling van MH Greeff en Ella du Plessis het nadat sy haar hoërskoolloopbaan in Suid-Afrika voltooi het by die NBC as TV-aanbieder begin werk. Haar gesig is bekend ná jare van nuus lees op die kleinskerm. Deesdae werk sy in die eiendomsbedryf.

Baumgartner is pasievol oor Khomasdal. “Dit is waar ek woon en ek wil hier ’n verskil maak,” sê sy. Sy beplan om sanitasie ’n prioriteit te maak. Ten minste een toilet moet vir elke vier huishoudings beskikbaar wees, sê sy. Toegang tot skoon water, die gebruik van sonkrag, die herwinning van vullis, werkskepping, onspanningsgeriewe, ’n sportakademie en mobiele betaalpunte vir bejaardes se pensioentoelae is van haar prioriteite.

Reggie Diergaardt (PDM)

Mnr. Reggie Diergaardt is ’n oud-onderwyser en jeugleier en was in 1989 'n lid van die Grondwetskrywende Vergadering. Hy was ook vanaf 1993 tot 2005 ’n lid van die Nasionale Vergadering en het vanaf 1990 tot 1991 kortliks as minister van handel en nywerheid gedien.

Diergaardt se belange sluit in menslike ontwikkeling, armoedeverligting, jeugontwikkeling en werkskepping. Hy beplan om jongmense te bemagtig deur klein sakeondermenings te ontwikkel.

Diergaardt sê hy sal teen armoede en werkloosheid veg, maar sal ook bejaardes help deur persoonlike berading en te verseker hulle ontvang sorg van hulle gemeenskap. Hy sê hy sal liefdadigheidsgeleenthede skep om geld in te vorder vir gemeenskapsontwikkeling en sal vrywilligers kry om die omgewing op te ruim en ’n skoner gemeenskap te skep.

Bartholomeus Tjiunomuinjo Kauahuma (Swanu)

Mnr. Bartholomeus Kauahuma (56) is al sedert sy jeug aktief in Namibië se oudste politieke party. Hy het in 1986 as balling na Botswana uitgewyk en in 1989 na Namibië teruggekeer.

Kauahuma is 'n gemeenskapsleier in Otjomuise se informele nedersettings. Hy het vanaf 2015 tot 2019 op die Rooi Kruis-komitee in Khomasdal se raad gedien en is die adjunk-sekretaris-generaal van Swanu. Hy was ook 'n kleinmyner en het die bedryf in die Erongo-streek verteenwoordig. Hy doen deeltyds navorsing vir die regering, tersiêre instellings en internasionale maatskappye.

Oor inwoners van Khomasdal sê hy: “Ek is deel van hulle en ek sal beduidende verandering in hul lewens bring.” Sy prioriteite sluit in die voorsiening van erwe en basiese dienste, die bou van paaie, die opsit van straatligte, meer klinieke en meer skole. “Die Ramatex-geboue sal ten volle benut word,” is een van sy verkiesingsbeloftes.

KEETMANSHOOP

Festus Shilimela (Swapo)

Mnr. Festus Shilimela dien sedert 2018 op die Keetmanshoop-dorpsraad en is bekend vir voetsoolwerk vir die party op die dorp.

Hy wil nou saam met die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn werk om lewensomstandinghede verbeter. Shilimela sê hy sal verseker 'n viskwota vir die dorp dra by tot ontwikkeling. Hy wil geld werf vir nuwe besighede, die vaardighede van inwoners identifiseer en dit uitbou.

Shilimela sê hy duld nie korrupsie nie en sal ’n raadslid vir die mense wees. Ander prioriteite is vir hom droogtehulp vir veral kleinveeboere, die ondersteuning van skole om opvoeding te verbeter en die versterking van die verhouding tussen die sentrale regering, die streeksraad en plaaslike owerheid. Hy sê hy sal ook verseker inwoners trek voordele uit geleenthede wat die Neckartaldam skep.

Maxie Minnaar (LPM)

Me. Maxie Minnaar is gebore en getoë op Keetmanshoop. Haar party beskryf haar as 'n gedrewe aktivis.

Minnaar was 23 toe sy vir die streekraad begin werk het en was later in diens van Telecom Namibia. Vanaf 1995 tot 2006 was sy ’n personeelbeampte vir die ministerie van onderwys, kuns en kultuur. Sy is toe as die //Kharas-streekraad se administratiewe beampte aangestel en het ook op die vakbond Napwu se sentrale komitee gedien.

Minnaar wil die hele streek help verander. Haar prioriteite sluit in ekonomiese ontwikkeling, die opgradering van rioolstelsels en die toemaak van onwettige sjebeens. Sy wil ook 'n rehabilitasiesentrum vir drank- en dwelmverslaafdes op Keetmanshoop vestig.

Abraham /Goagoseb (PDM)

Mnr. Abraham (Abes) /Goagoseb is op Keetmanshoop gebore en is 'n oudleerling van Primêre Skool Mina Sacks en Sekondêre Skool J. A. Nel. Hy is in Mei 1986 as onderwyser by gee by Primêre Skool Gainachas aangestel en is in 1988 na J. A. Nel verplaas.

In Januarie 1989 het /Goagoseb by die polisie aangesluit en het gespesialiseer in kriminele ondersoeke, gemeenskapspolisiëring en opleiding voor sy aftrede in Junie 2019. Hy boer deeltyds.

Volgens /Goagoseb is hy ’n mens-mens en weet hoe om met mense te werk. Hy wil ’n polisiestasie in Tseiblaagte oprig en sal hom beywer vir werkskepping vir die jeug, betere sanitasiegeriewe in die /Ereres-, #Oabates- en Ileni-nedersettings en 'n dialise-eenheid vir Keetmanshoop. Dokters moet volgens hom ook aan die plaaslike klinieke toegewys word.

GOBABIS

Augustinus Tebele (Swapo)

Mnr. Augustinus Tebele (46) is die administratiewe beheerbeampte vir die Kalahari-kiesafdelingskantoor van die Omaheke-streeksraad. Hy is opgelei in gemeenskapsontwikkeling en spog met 21 jaar se ondervinding op hierdie gebied in verskeie streke landswyd. Hy het voorheen vir nie-regeringsorganisasies gewerk.

As hy verkies word, sal hy kwartaalliks gemeenskapsvergaderings belê om inwoners oor ontwikkeling in te lig. Tebele sê ook hy sal jongmense aanmoedig om aan ontwikkelingsprogramme deel te neem. Hy sal deursigtigheid en aanspreeklikheid verseker en ongelykhede op die dorp aanspreek. Tebele glo in inklusiewe ontwikkeling en gedeelde voorspoed. Van sy ander belange is sportontwikkeling, toerisme en toegang tot basiese dienste. Hy wil ook geslagsgeweld bekamp.

Sylvester Daniel Binga (LPM)

Mnr. Sylvester Binga is in 1975 op Tses gebore en het sy skoolloopbaan by Suiderlig op Keetmanshoop voltooi. Hy was in die polisie vir 14 jaar en was eers 'n sersant en later speurder op Gobabis. In 2011 het hy sy eie taxi-besigheid, het sedert 2014 tot verlede jaar vir Namibia Protection Services gewerk en is nou in diens van Tren Tyre.

Binga werk nou saam met sy gemeenskap as lid van die Right to Shelter-beweging en is ook by sy kerk betrokke. As hy die verkiesing wen, sal hy fokus op die voorsiening van bekostigbare grond, bekostigbare behuising, toegang to basiese dienste en die stryd teen korrupsie.

Braynie Ellenterius Modise (PDM)

Geen inligting is van die kandidaat ontvang nie.

Elvis Iuonga Kauesa (onafhanklik)

Mnr. Elvis Kauesa is ’n oud-polisieman en ’n kenner op die gebied van rampbestuur en veiligheid. Sy ondervinding sluit in kriminele ondersoeke, openbare betrekkinge, menslike hulpbronbestuur, veiligheidsopleiding en taktiese ontplooiïng. Hy was voor onafhanklikwording 'n soldaat.

“Ek is vasbeslote, vol vertroue en ambisieus om ’n verskil te maak en by te dra,” sê hy. Kauesa sê omdat hy nie 'n politieke party verteenwoordig nie, sal hy net aanspreeklik tot die gemeenskap wees.

Toegang to water, krag en grond vir inwoners sal van sy prioriteite wees. Sy topprioriteit is egter die voorkoming van korrupsie. Kauesa wil plaaslike verteenwoordiging op die dorpsraad verbeter, werk skep en die jeug deur middel van landbou bemagtig. “Ek bly sedert die neëntigerjare op Gobabis en het dieselfde moeilikhede saam met inwoners beleef," sê hy.

WALVISBAAI

Sirie Topulathana (Swapo)

Me. Sirie Topulathana (33) is al 12 jaar ’n verteenwoordiger van Swapo se Jeugliga en Vroueraad op die kusdorp. Sy is veral betrokke by mobilisering en die verwoording van die uitdagings en aspirasies van inwoners.

Haar prioriteite sluit in voorsiening van behuising, ontwikkeling van jongmense, vroue en klein besighede, maatskaplik welsyn, die beskerming van kwesbare groepe, opleiding en gesondheid. Sy wil projekte bevorder om werksgeleenthede te skep en entrepreneurskap te bevorder, sê Topulathana.

Richard Hoaeb (PDM)

Mnr. Richard Hoaeb het op 18 sy loopbaan in die bankbedryf begin. Hy is tweetalig en praat ook graag Duits. Hy het vir die NBC gewerk en later in die advertensiebedryf nog ervaring opgedoen. Hy het vir Air Namibia gewerk voor hy klas by Privaatskool JJS in Walvisbaai gegee het.

Hy sê dit was waar sy passie vir inklusiewe onderrig versterk is en hy beplan om te verseker mense met gestremdhede kry toegang tot alle vlakke van opleiding. Sy ander prioriteite sluit in sanitasie, opleiding in menseregte en toegang tot gesondheidsdienste. Hoaeb sê hy sal verseker hospitale het genoeg medisyne en ambulansdienste en klinieke verbeter. Behuising, rioolstelsels en die voorsiening van openbare toilette sal ook sy aandag geniet. Hy ondersteun die konsep van "een Namibiër, een erf".

Kenneth Jason Iilonga (onafhanklik)

Mnr. Kenneth Iilonga is 'n lid van Swapo maar staan as ’n onafhanklike kandidaat. Volgens hom het die regerende party weens binnegevegte versuim om inwoners se behoeftes aan te spreek.

Iilonga het voor die onlangse nasionale verkiesing probeer om ’n nuwe politieke party te stig, maar hy kon nie aan die ECN se vereistes voldoen nie.

Sy eerste prioriteit sal die verhuising wees van inwoners wat in agterplaassinkhuisies woon. Hy wil ook die koste van elektrisiteit verminder. Iilonga sê bestuurslisensietoetse moet in alle plaaslike tale aangebied word. Hy wil twee nuwe klinieke en twee nuwe skole laat bou. Iilonga sal grond teen vyfjaarhuurkontrakte aan beleggers beskikbaar stel, ’n sportstadion oprig en ontspanningsfasiliteite. Hy wil ook ’n nuwe biblioteek bou en ’n toep ontwikkel waarmee inwoners korrupsie kan aanmeld.

Knowledge Ndunge Ipinge (onafhanklik)

Mnr. Knowledge Ipinge is gebore in Walvisbaai en beskou homself as ’n radikale aktivis vol passie vir die mense van die dorp. Hy is ’n voormalige sokkerspeler van Blue Waters en was kaptein van die nasionale o.17-span.

Later was Ipinge die uitvoerende hoof van die Mshasho-trustfonds en die bestuurder van bokser Sakaria (Desert Storm) Lukas. Hy het drie jaar bemarking vir die Sportskommissie en het in 2015 die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) se massa-aansoeke vir erwe in Walvisbaai gelei. Hy dien huidig op Nascam se direksie.

Ipinge sê hy wil ’n jeugbenadering tot ontwikkeling volg en inwoners byeenbring om kwessies soos ongelyke betaling en slegte werksomstandighede aan te spreek. Geestesgesondheid is vir hom ’n belangrike deel van openbare gesondheid wat meer aandag benodig. Hy wil ’n databasis van werksoekers opstel en sport gebruik om die gemeenskap te ontwikkel.

Ipinge glo Walvisbaai moet die hart van Namibië se film-, televisie-, radio-, mode- en geleentheidsbedrywe wees en sal hom vir ’n multimedia-universiteit op die kusdorp beywer.

(Sien ook berigte op bl. 5.)

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059