TUN bekommerd oor wetsontwerp op onderwys
Die unie onderhandel met die staatsdienskommissie vir beter werksomstandighede.
Augetto Graig - Die Namibiese Onderwysersunie (TUN) wil hê die nuwe wetsontwerp op onderwys in Namibië moet eers aan die publiek se insette onderwerp word.
Mnr. Mahongora Kavihuha, die vakbond se sekretaris-generaal, het Vrydag gesê me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van die Nasionale Raad (NR), is genader sodat die publiek eers insette oor dié wetsontwerp kan lewer.
Die NR se sekretariaat het Dinsdag aangekondig die raad sou dringend van gister tot Donderdag vergader om die wetsontwerp op onderwys, die wetsontwerp op stedelike en streeksbeplanning, asook die wetsontwerp op die bekamping van mensehandel, te bespreek.
“Hoekom die dringende beroep op die NR om te vergader?” wou Kavihuha weet. Hy het teen die oorhaastige bespreking daarvan gemaan.
Volgens hom is die wetsontwerp op onderwys, wat onder meer gratis onderwys hanteer, vol teenstrydighede.
Hy sê dit bevat nie eers definisies van terme wat gebruik word nie.
Dit sal tot verwarring lei, wat skole slegs deur middel van die howe sal kan uitklaar. Hy wou ook weet wie daarvoor sal betaal.
Kavihuha het gesê ouers, onderwysers en veral skoolhowe moet die geleentheid gebied word om insette oor die wetsontwerp te lewer en dat die nuwe wet nie net goedsmoeds aanvaar moet word om goed te lyk op prestasiekontrakte nie.
Hy het die onlangse besluit om die Nasionale Hulpfonds vir studente (NSFAF) terug te neem onder die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing se vlerk, verwelkom.
Volgens hom wil die unie nie bloot net toesien dat me. Hilya Nghiwete, die fonds se huidige uitvoerende hoof, weer aan die stuur van die nuwe geïntegreerde organisasie is nie.
TUN het ook die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing gevra om studente te help met toegang tot hul finale uitslae sodat hulle vir aanvullende eksamens kan registreer.
Die unie het ook onlangs met die Staatsdienskommissie vergader en verskeie kwessies is onder mnr. Markus Kampungu, voorsitter van die kommissie, se aandag gebring, het Kavihuha gesê.
Dit sluit in vereistes vir die aanstelling van lewensvaardighede-onderwysers, die heraanstelling van onderwysers wat weens gesondheidsredes afgedank is, die vergoeding van onderwysers in volwasse onderrig, en die vakbond se reg om toesig te hou tydens onderhoude.
Die vakbond wil hê geletterdheidsopleiers moet vir drie jaar aangestel word in plaas van die huidige agt maande.
Die gesprek het ook kwessies ingesluit soos die bevordering van onderwysers en die herhaling van advertensies vir poste waarvoor onderhoude reeds gevoer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie