Tulipohamba - hoop vir die toekoms
Maria Eiseb
Die Tulipohamba opleidings- en evalueringsinstituut het onlangs 'n opedag in die hoofstad gehou.
Tydens die geleentheid het die stigter en direkteur van die instituut, mnr. Tiroyaone Mampane, gesê sy droom het in 2012 'n werklikheid geword toe hy 'n opleidingsinstituut in Gabarone, Botswana geopen het.
Volgens Mampane het hy 'n hart vir jongmense en het hy gewonder hoe om die lewens van leerlinge te verander wat akademies nie so vaardig is nie. Hy het die mark bestudeer en besluit om 'n opleidingskool te stig wat spesialiseer in gesondheidsverwante programme. Die instituut het met 30 studente en drie personeellede begin. Mampane het die Namibiese mark weer onder 'n vergrootglas beskou en het besluit om 'n tak in die hoofstad oop te maak. Hy het gesê hy wil gewone mense die kans gee om ook “iemand” te word.
“Dit is nie net vir dié wat opleiding kan bekostig nie, maar ook vir dié wat dit nié kan bekostig nie,” het hy gesê.
Die hoof van die instituut in Namibië, me. Albertina Heita, het by dieselfde geleentheid gesê daar is kursusse beskikbaar in berading, beroepsgesondheid en -veiligheid, gemeenskapsgesondheidsopvoeding, gesondheidsorgdienste, tandheelkunde-assistering en basiese lewensondersteuning.
Studente woon bedags klasse by en vir praktiese ondervinding word hulle na verskeie maatskappye uitgestuur, het Heita gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie