Tsumeb skitter op nasionale vlak
Gimnastiek
Tielman van Lill - Tsumeb Gimnastiekklub het onlangs by die jaarlikse nasionale kampioenskap vir artistiese gimnastiek by The Dome in Swakopmund, asook die nasionale ritmiese kampioenskap in Walvisbaai uitstekend gevaar met 23 goue, 17 silwer- en 10 bronsmedaljes.
“Ons dorp is maar klein en die afrigters skaars, maar ons het altesaam 24 gimnaste wat vir die nasionale kompetisie gekwalifiseer het. Ons is geweldig trots, want sestien van hulle het altesaam 49 medaljes ingeoes! Tjaart Vorster is as die nasionale manlike artistiese kampioen bekroon, terwyl Danelle Dorn-Schnirring vir die Namibiese Sone 5-span gekies is wat in Suid-Afrika gaan deelneem het. Dit is vir ons 'n groot prestasie.
“Djamel Meziane, oorspronklik van Algerië, is ons hoofafrigter en hy is beslis een van die bestes in die land. Ons is baie bevoorreg om hom by ons te hê. Hoewel hy nie die toekenning gewen het nie, was hy as afrigter van die jaar vir die Namibiese Sportkommissie se sporttoekennings benoem,” sê me. Carena Vorster van Tsumeb.
Die Tsumeb-gimnaste se uitslae:
Ritmies, meisies vlak 2: Kendrae Manetti (o.11) bronsmedalje met hoepel; algeheel brons in ouderdomsgroep.
Artisties
Meisies vlak 1: Bethany Lee Smith (6 tot 7 jaar) silwer op vloer. Duanné Colesky (8 jaar) brons met spronge.
Vlak 2: Ané Oosthuizen (6 tot 7 jaar) goud op ongelyke brug; silwer op balk; brons op vloer; algeheel silwer in ouderdomsgroep). Joné Kuhn (8 jaar) brons op vloer. Lena Marie Lukaschik (12 jaar) goud op vloer, ongelyke brug en spronge; silwer op balk; algeheel goud in ouderdomsgroep.
Vlak 3: Kylie Lopes (8 jaar) goud op balk en ongelyke brug; silwer op vloer; brons met spronge; algeheel goud in ouderdomsgroep). Jolie Lopes (10 jaar) brons op balk.
Vlak 4: Alexa Vorster (10 jaar) goud in spronge, balk, ongelyke brug en vloer; algeheel goud in ouderdomsgroep. Isabella Lopes (10 jaar) silwer op ongelyke brug en balk; algeheel silwer in ouderdomsgroep.
Vlak 5: Ashley van Eeden (12 jaar en jonger) brons op perd.
Vlak 7: Danelle Dorn-Schnirring (13 jaar en ouer) goud op vloer en perd; brons op ongelyke brug; algeheel silwer in ouderdomsgroep.
Seuns vlak 2: Tjaart Vorster (8 jaar) goud op brug, rekstok en vloer; silwer in spronge; algeheel goud in ouderdomsgroep.
Vlak 3: Zinedine Meziane (9 tot 10 jaar) goud op vloer en brug; silwer op rekstok; silwer algeheel in ouderdomsgroep.
Vlak 4: Bradley van Eeden (9 tot 10 jaar) goud op vloer; silwer op brug, rekstok en spronge; algeheel silwer in ouderdomsgroep. Martin Lewis (11 tot 12 jaar) goud op vloer; silwer in spronge; brons op rekstok.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie