Tsumeb blom bloedrooi
Me. Rauha Shekupakela het die foto's geneem van die flambojant-bome (Delonix regia) wat tans op Tsumeb blom. Die foto's is wyd in die sosiale media versprei. Flambojant-bome het hul oorsprong in Madagaskar en blom dikwels laat in die lenteseisoen. Baie van dié bome is op dorpe soos Tsumeb, Grootfontein en Otjiwarongo geplant.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie