Trustco voeg skade by skande
Trustco voeg skade by skande

Trustco voeg skade by skande

Ontstoke Namibiërs versprei 'n petisie teen 'n omstrede advertensie wat Trustco op sosiale media gedeel het en wat deur Facebook verwyder is.
Estelle de Bruyn
'n Petisie, @TrustcoHellNo, word in Namibië versprei waarin 'n verskoning van Trustco geëis word vir 'n “onsensitiewe en seksistiese” advertensie. Afgesien hiervan word geslagsopleiding vir die maatskappy geëis.

“Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld verdien om van hul leiers te hoor en om die versekering te kry dat daar gevolge vir blatante seksisme sal wees, omdat dié tyd verby is,” skryf me. Ethne Mudge, 'n vroueregte-aktivis, in 'n ope brief aan die media.

Verbasing word uitgespreek oor die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn se stilswye.

Volgens die ope brief is Namibië 14de op die indeks vir geslagsongelykhede.



ONGELYKHEDE

Dié indeks word deur die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) opgestel en boekstaaf geslagsongelykhede op ekonomiese, politieke, opvoedkundige en gesondheidsvlak in lande.

Mudge sê die advertensie vir 'n vakature op Trustco se direksie wat op sy Facebook-blad geadverteer is, verklaar hoekom skadelike en diskriminerende stereotipes in Namibië voortduur.

“Trustco se uitvoerende hoof dink dit was 'briljant' en dat die 'res waarskynlik in trane sal uitbars met die eerste teken van omstredenheid'.

“Dít in 'n land waar verkragting, volgens 'n polisieverslag, meer as enige ander misdaad voorkom, is gevaarlik en aanstootlik - veral komende van 'n maatskappy wat op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is,” sê Mudge.

In die advertensie word Caitlyn Jenner se geslags­verandering gebruik om aansoekers se desperaatheid aan te dui om 'n posisie op die maatskappy se direksie te kry.

Mudge wys daarop dat die Namibiese grondwet op drie plekke geslagsgelykheid beskerm en dat verskeie bestaande wette in Namibië op die bemagtiging van vroue en beskerming teen seksuele teistering gemik is.

Die media-ombudsman, mnr. John Nakuta, het by navraag gesê hy kan nie kommentaar op die advertensie lewer nie omdat klagtes by sy kantoor daarteen aanhangig gemaak is en hy onpartydig moet bly.

Hy het egter daarop gewys dat die etiese kode vir die media aangepas moet word om ook adverteerders aanspreeklik te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A