Trustco hof toe gesleep
Prokureurs vir wie Trustco deur sy versekeringsarm Legal Shield geld skuld, sê polishouers se regsversekering is in die gedrang.
Catherine Sasman - Die versekeringsmaatskappy Trustco Insurance Limited wat onder die naam Legal Shield regsversekering verskaf, moet in die hof antwoord op beskuldigings dat hy nie praktiserende prokureurs vir hul dienste betaal nie en dus sy polishouers in die steek laat.
Die Prokureursorde van Namibië is versoek om 'n opname te maak van die omvang van die wanbetaling deur Legal Shield nadat die prokureursfirma Kruger, Van Vuuren & Co. aangevoer het Trustco skuld hom “'n aansienlike bedrag” vir dienste verskaf. Die grootste gedeelte van dié bedrag is ondanks verskeie aanmanings al vir langer as 'n jaar uitstaande.
ISG Namibia het op 20 September namens die regsfirma aan die Prokureursorde geskryf en voer in sy brief aan deur nie vir versekerde dienste te betaal nie, word die prokureursfirma “aan reuse- finansiële risiko blootgestel wat ook die versekerde polishouer kwesbaar maak”.
ISG Namibia voer verder aan die feit dat Trustco nie sy finansiële verpligting nakom nie, ondermyn die reg van Legal Shield-polishouers op 'n regverdige verhoor. Dit is immers die rede waarom hulle regsversekering uitgeneem het.
Mnr. Johan van Vuuren het gesê hy moes die landdroshof op Katima Mulilo in kennis stel dat hy nie daar vir 'n Legal Shield-kliënt sal kan optree nie aangesien sy vervoerkoste nie betaal is nie.
Mnr. Theodore Kleinhans, reeds die afgelope 20 jaar 'n polishouer van Legal Shield, het Dinsdag 'n mosie by die hoërhof ingedien waarin hy vra dat Trustco gelas word om die regskoste van mnr. Zacharias Grobler te betaal. Grobler is in September verlede jaar deur Trustco aangestel om Kleinhans in 'n regsgeding te verteenwoordig. Dit saak was gereed om in Oktober verhoor te word. Grobler het Kleinhans egter vroeër vandeesmaand in kennis gestel dat hy sukkel om sy geld uit Trustco te kry en dat Legal Shield sedert Januarie vanjaar óf nie betaal nie óf minder betaal as wat aan hom verskuldig is. Sedert Junie het hy nog nie 'n sent van Trustco vir sy dienste ontvang nie.
Volgens Grobler skuld Trustco hom byna N$160 000.
Legal Shield het op 15 September Grobler se mandaat opgeskort om Kleinhans te verteenwoordig en hom opdrag gegee om die legger oor dié regsgeding te sluit en sy finale faktuur vir betaling voor te lê. Grobler het egter geweier om gehoor te gee alvorens sy rekening vereffen word.
Kleinhans weier dat sy saak aan 'n ander regsverteenwoordiger oorhandig word. “Ek het vir 20 jaar lank my premies stiptelik en ten volle betaal en ek dink nie dit is te veel gevra om te betaal vir die dienste van die regsverteenwoordiger van my keuse nie,” voer Kleinshans in sy kennisgewing van die mosie aan.
Ten minste sewe regsfirmas het in Junie 'n memorandum aan mnr. Quinton van Rooyen, besturende direkteur van Trustco Group International, onderteken waarin aangedring word op redes waarom hul regsgelde nie betaal word nie.
Hul ooreenkoms met Trustco skryf voor dat hul een maand ná die indiening van hul rekenings betaal sal word. Hulle maak ook beswaar dat individuele regsgelde eensydig verminder of geweier word, en kla oor allerlei administratiewe struikelblokke.
Grobler sê navrae en griewe wat by Trustco ingedien is, het onbeantwoord gebly. Geen antwoorde is nog van Trustco ontvang op navrae wat Dinsdag aan die maatskappy gerig is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie