Trump ‘n walgwors, sê Nam
Augetto Graig – Namibië het met “walging en besorgheid” kennis geneem van pres. Donald Trump van Amerika se beweerde verwysing na Afrikalande as ‘n “sh*thole”.
“Sulke taal het geen plek in diplomatieke gesprekvoering nie,” het die permanente sekretaris van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Selma Ashipala-Musavyi, gister in ‘n verklaring gesê.
Dit druis teen die rigsnoere van beskaafdheid in en dra nie tot internasionale samewerking by nie, sê Ashipala-Musavyi.
Sedert Trump Donderdag tydens ‘n vergadering met senators glo wou weet hoekom Amerika immigrante uit Haïti en “’sh*thole-lande” uit Afrika moet aanvaar, het ‘n internasionale storm losgebars. Trump het intussen ontken dat hy die gewraakte uitlating gemaak het.
Die Afrika Unie (AU) se sending in Amerika het Vrydag sy “woede en teleurstelling” oor Trump se neerhalende opmerking uitgespreek en daarop aangedring dat hy dit terugtrek en om verskoning vra, berig CNN.
Die Verenigde Nasies (VN) se Afrikagesante het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle Trump se “verregaande, rassistiese en xenofobiese” uitlating ten sterkste veroordeel.
Ashipala-Musavyi sê “die Afrika wat ons ken en in leef, is een wat ekonomiese herstel en opgang maak. Die Verenigde State van Amerika wat ons ken is een wat op die bloed en sweet van Afrikaslawe en immigrante van oral gebou is.”
Benewens die internasionale ophef het verskeie Afrikalande ook onthuts gereageer.
Netwerk24 berig die regering van Botswana wil weet of die “sh*thole”-opmerking na hulle verwys en wys uit dat hy gereeld Amerikaanse burgers binne sy grense toelaat.
Hulle het Trump se gedrag as “uiters onverantwoordelik, afkeurenswaardig en rassisties” bestempel. Botswana wil verder daaroor praat met die VSA se ambassadeur in dié land.
In die strate van Nairobi, Kenia, het mense bevraagteken hoe ’n Amerikaanse president so kan optree.
Die ANC het op die vooraand van sy 106de bestaansviering ook die opmerkings veroordeel, luidens Netwerk24.
In Amerika self is Trump se uitlatings veroordeel.
Ashipala-Musavyi sê Namibië prys Amerikaners wat hulle van Trump se neerhalende opmerkings gedistansieer het.
Namibië doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om rassisme in al sy vorme te verwerp, sluit die verklaring af. - Bykomende beriggewing deur CNN en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie